URSUS- Main 2

ADVERTORIAL

Agriculture Investment

Suid Afrika se Landbouers in somersaaigebiede maak die beste van die huidige situasie.

Suid Afrika se Landbouers in  somersaaigebiede maak die beste van die huidige situasie. 

Ons is amper by die helfte van Janauarie 2019 en elke dag reen dit op een of ander plek in die somerreenval gebied. Laatmiddag donderbuie is algemeen en saam met dit kom daar swaar neerslae of hael. Dit reen feitlik elke dag in dele van Gauteng en omgewing en verlede nag het dit weer op baie plekke lekker gereen. 

Dis nog nie algemene reen nie, maar dit lyk baie beter as 3 weke terug toe daar nog glad nie 'n teken van reen was nie. Afwisselende reënbuie kan tot en met 14 Januarie voorkom. Goeie reën word van 20 tot 25 Januarie verwag oor groot dele van die somerreenval gebiede. Sateliet beelde wys reeds dat die grondvog oor groot dele van die land verbeter het sedert Desember 2018.

Ons Agri News Net span het die afgelope weke weer wyd gery oor groot dele van die land. Trekkers is oral besig om pitte in die grond te sit en die wit sand wereld van die Wes- Vrystaat het weer so rooi kleur gekry en saam met die, begin daar plek- plek 'n groenigheid deurslaan. 

Plantdatums, reënval en vordering met aanplantings is die afgelope weke die hoof besprekings onder die landbouers.  Hoewel produsente in die westelike dele van die land se optimale planttyd vir mielies einde November begin het, het aanplantings grotendeels eers begin van Januarie afgeskop, wat meebring dat produsente nie die hektare kan aanplant wat hulle beplan het nie. In die Oostelike dele van die land veral in Mpumalanga en Kwa Zulu Natal is daar baie mooi mielies na die reen.

Dit is in party gevalle nie so maklik om te plant as die grond nie deurnat is. Met die moderne planters kan baie bo grond verwyder word om in natter grond te plant wat dalk bietjie dieper is. Landbouers ken al hulle produksie toestande en weet wat om te doen. In baie gevalle is daar 'n groot risiko verbonde. Maar ons Landbouers is optimisties en hulle hartlikheid oorval ons elke keer.

In die Noord Wes is die meeste aanplantings het eers in Januarie gedoen Die huidige beraming is dat tot op datum ongeveer 50 tot 60% van dié provinsie se mielies aangeplant is.Produsente wil tot die einde van hierdie week nog mielies te plant.  Die skatting dat slegs die helfte van die streek se sojabone weens baie droë toestande aangeplant kon word. Daar is nog tyd vir sonneblomaanplantings en die beraming is dat sowat 10% tot 20% reeds geplant is. Dele van Brits en omgewing het ook lekker reen gehad en daar word ook sterk op landerye gewerk.

Dit het ook lekker gereen in dele van Rustenburg en Swartruggens. Makwassie, Wolmaranstad, Ligtenburg omgewing het ook plekke reen gehad en landbouers is ook besig met aanplant van Mielies tot die naweek. Die oostelike dele van die provinsie lyk aansienlik beter as die westelike dele. In die Schweizer-Reneke omgewing is daar byvoorbeeld nog baie min geplant. Die ondergrond is baie droog. Beurtkrag het besproeiingsboere se oeste op warm dae ernstig benadeel, veral dié wat deel is van besproeiingskemas van Jan Kempdorp en Hartswater en op spesifieke tye moet besproei. Damvlakke in die grootste deel van die provinsie lyk nie goed nie. Ondergrondse water is ook erg onder druk.

Die Waterberg, Sekhukhune-gebied en die Laeveld het ook goeie reën gehad. Graskop, Sabie en groot dele van Wildtuin is lekker nat en riviere is in vloed.

Die Kalaharie rondom Vryburg tot aan die grens van Botswana by Tosca het ook plek -plek lekker reen gehad, maar dit was nie baie nie en dit was ook die eerste van die seisoen. Die veld is doodgebrand en beeste se kondisie gaan nie baie lank hou nie.  In die Molopo-gebied, in die omgewing van Tosca en Vergeleë, heers daar ramptoestande. Ondergrondse water begin ook minder raak. 

Gewasse in Kwa- Zulu- Natal vertoon  oor die algemeen mooi. Toestande in die provinsie is baie uiteenlopend. Dit is baie droog in die Bergville en Winterton-omgewing, terwyl dit baie mooi in Noord-Natal in Vryheid-omgewing gereën het. Vir veral mielies wat in saad kom, is opvolgreën baie belangrik. Hael het plek-plek in die provinsie voorgekom.

Hael in die Stofberg, Hendrina en Groblersdal-omgewing van Mpumalanga het gewasse erg beskadig.  Dele van die provinsie het baie swaar gekry met min reen, maar vertoon beter nou. Droogtestremming is tot ’n erger mate in die Amersfoort Morgenzon en Bethal-omgewing ervaar. Ermelo, Middelburg en omgewing het baie mooi mielies. Evander en dele van Secunda se mielies is ook baie mooi maar iewat kleiner. In die suidwestelike dele, soos Nigel, Bronkhorstspruit en Vereeniging, het boere einde Desember en begin Januarie redelik goeie reën gehad en daar is boere wat nou eers begin plant het. 

Baie boere in die noordelike besproeiingsgebiede van Limpopo het oorgeskakel na die plant van katoen. In die droëland-gebied het goeie reën sedert die begin van 2019 voorgekom en is produsente volstoom besig om mielies en sorghum te plant. Daar is nog heelwat tyd vir sonneblom-aanplantings. Sekere dele is baie nat. Weiveld sal herstel in sekere gebiede na die goeie reen van geval het. Wild en Beesboere is bekommerd oor die winter wat voorle, as daar nie opvolg reen is nie.  Die intensiewe vark- en hoenderkleinboere in dele van Suid Afrika, wat baie afhanklik van die mieliebedryf gaan baie swaar kry vorentoe as daar nie genoeg voer gaan wees nie. In die Bosveld het plekke soos Marken, Marnitz en Baltimore het nog reën nodig, maar verder wes, tussen Thabazimbi en Northam, het goeie reën uitgesak en kan boere weer asemskep.

Hoewel sowat 70% van die mielie-aanplantings buite die optimale plantvenster gedoen is in die Oos- Vrystaat word beraam dat produsente hul beplande mielie-hektare grotendeels aangeplant het. Swak ondergrondse vog veroorsaak dat gewasse baie swaarkry en opvolgreën was noodsaaklik en baie gebiede het opvolgreen gehad. Betlehem, Fouriesburg en Senekal se mielies was reeds geplant was het swaar gekry,maar dit het lekker gereen intussen en die mielies is besig om te herstel. 

Skattings dui ook daarop dat minder sojabone en droëbone aangeplant is. Daar is nog geleentheid vir produsente om sonneblom te plant.

Sommige boere in gebiede soos Wesselsbron, Bothaville, Hoopstad, Bultfontein en Hertzogville in die Vrystaat waar die hart van die mielie-wereld le, het ná dit laat verlede maand kol-kol gereën het, 'n kans gewaag en mielies aangeplant. Theunisson, Kroonstad, Henneman en Virginia het ook plek, plek lekker reen gehad en hier loop die trekkers ook van vroeg tot laat. In die week het dit weer baie op plekke gereen. 

Die plekke in die Vrystaat waar dit gereen het, is mielies geplant, maar produsente is nou besig met die aanplant van Sonneblom. Meeste van die lande se kunsmis is vooraf ingesit teen baie hoe koste. Sonneblomme kan nog geplant word tot en met die 15 de Januarie en dalk later in die gebiede. Weidings kan aangeplant word as dit reen maar daar moet ook opvolg reen kom. Voer kan baie skaars word in die gebiede.

Daar is tog 'n beter gees bespeur by ons landbouers na dit lekker begin reen het op plekke- maar dit moet eers lekker landswyd reen van Wes na Oos vir 'n paar dae voordat ons kan se die land is nat. Ons span word oral begroet met hartlikheid en ons landbouers is net eenvoudig mense wat se gees nooit gaan le nie. 

Intussen dreig Cyril Ramaphosa dat grond in Suid-Afrika sál sonder vergoeding onteien word – of mense nou daarvan hou of nie- Ons onderneem ook nou ’n nuwe fase van bespoedigde grondhervorming wat betekenisvol daartoe sal bydra om armoede veral in landelike gebiede te verminder, terwyl dit ook ons landbou-ekonomie sal laat groei en werkloosheid sal verminder. Dit sal ook aan swart Suid-Afrikaners die bates gee waarvan hulle al vir lank ontneem is. Dit is nog nie gedoen nie- en daar moet nog baie water in die see loop voor dit gaan plaasvind.

Landboukundiges en ekonome is baie besig met data en hulp aan ons landbouers. Landbou maarskappye en korporasies staan ons landbouers by en probeer help waar hulle kan. 

Ons landbouers staan sterk en moet weereens die aanslae teen hulle verdedig. Landbouers se planne raak nie op nie, want hulle is net van die beste. Geen ander landbouer sal beter doen op enige van die plase nie. Intussen verneem ons dat daar sekere banke is wat wil wil veilings hou en sekere landbouers wil uitverkoop. Soos ons reeds in vorige artikels geskryf het, gaan die banke wat dit doen die gans slag wat die eiers le. Banke maak miljoene rande uit landbouers deur verskeie maniere, maar vergeet gewoonlik daarvan wanneer dit kom by 'n krises soos die. Daar is sekere tye wat jy nie net na die syfers kyk nie, maar baie meer na die eienaar en die bestuurder. 

Ons hou duimvas vir 'n seisoen wat totaal en al in die guns van al ons landbouers draai in die volgende paar weke en glo dat ons al die doemprofete se woorde kan omdraai. 

Johanel.  ANN


ADVERTORIAL

Open for marketing