GMC
Rosch

ADVERTORIAL

CORTEVA

International

ENIGSTE OPLOSSING VIR SUID-AFRIKA

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

“Die enigste politieke en ekonomiese oplossing om die ekonomie en die land van finale vernietiging en ondergang te red, is die totale verwerping van die ANC-regering se ideologie van sosialisme en kommunisme,” sê Fanie Brink, ’n onafhanklike landbou-ekonoom.

Hy het na die uiters kommerwekkende uitspraak van president Cyril Ramaphosa verwys wat in Kimberley tydens die ANC se verjaarsdagviering hulde gebring het aan oud-president Robert Mugabe van Zimbabwe, wat hy beskryf het as ’n “ikoon” wat die ANC “geïnspireer het”.

Brink sê nou is absoluut die regte tyd vir die opposisie partye om 'n alternatief vir die ANC se ideologie van stapel te stuur deur die terugkeer na 'n kapitalistiese ekonomiese stelsel as amptelike beleid te aanvaar en te verkondig. ‘n Ekonomiese stelsel wat groei kan skep deur die dryfkrag van die winsmotief en die erkenning van die privaatbesit van al die basiese produksiefaktore in die ekonomie.

“Die produksiefaktore soos grond en grondstowwe, kapitaal, arbeid en bestuur wat entrepreneurs soos produsente, vervaardigers, privaat diensteverskaffers en andere nodig het om ekonomiese groei te skep. Groei is slegs moontlik en volhoubaar as die aanbodkant (bydrae van al die besighede en bedrywe) en die vraagkant (bydrae deur privaatbesteding van verbruikers, kapitaalvorming en uitvoere) van die ekonomie verbeter kan word. Hulle is die belangrikste rolspelers in die ekonomie as die skeppers van ekonomiese groei en welvaart. Presies dieselfde manier hoe groei reeds jarelank in feitlik al die lande in die wêreld geskep word.”

“Baie min politici verstaan egter dat ekonomiese groei vir die land in alle opsigte baie belangriker as die uitslae van die volgende verkiesing is, of die “politieke strukturele veranderings” van die ANC-regering wat ekonomiese groei vernietig. Die verwerping van die ANC se ideologie en die terugkeer na ‘n kapitalistiese ekonomiese stelsel is die risiko wat die Demokratiese Alliansie, as die amptelike opposisie, en die ander opposisie partye nou moet neem anders as om in 'n eenpartystaat met 'n diktator aan bewind totaal van die toneel af te verdwyn.”

Die ANC-regering het nog net 3 jaar nodig om die ekonomie en die land totaal te vernietig! Suid-Afrika sal dan die eerste ontwikkelende land in Afrika word wat deur ekonomiese groei en tegnologiese ontwikkeling ‘n baie hoë vlak van welvaart en vooruitgang voor 1994 geskep het, maar wat deur sosialisme en kommunisme vernietig is – die finale aftelling na die totale vernietiging het reeds begin,” sê Brink.


ADVERTORIAL

OPEN 

Coming Soon.

Rosch

Farming Diary

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.