ADVERTORIAL

OLD MUTUAL

FAMILY BUSINESS

HOE BELANGRIK IS MARKKRAGTE?

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

Reeds na die skepping van die aarde toe die bevolking vinnig toegeneem het was daar mense wat behoeftes gehad het aan voedsel en klere wat deur die "entrepreneurs" van daardie tyd raakgesien is. Hulle het gewonder as hulle vir iemand 'n mandjie vol aartappels sou gee of dit dalk moontlik sou wees om dit vir klere te kon verruil wat weer vir iets anders verruil kon word wat op gunstige terme vir beide partye betrokke in die ruiltransaksie aanvaarbaar sal wees. Dit was die begin van ruilhandel en die eerste ontwikkeling van die ekonomie op die aarde en dit is vandag presies nog net so belangrik behalwe dat geld die ruilmiddel geword het.

Oor tyd het daar egter iets dramaties verkeerd geloop nadat die meeste mense en regerings begin dink het dat alles in die ekonomie van pryse, rente, wisselkoerse, winste en verliese tot salarisse en lone belangriker as die markkragte van vraag en aanbod is. Terwyl dit nog altyd bloot net die resultate en gevolge van of in verwantskap met die werking van die werking van die markkragte was. As dit natuurlik nie deur die onbeperkte inmenging deur regerings in die ekonomie, wat alles verwring en omvergooi deur die vraag en aanbod, asook die markpryse van byvoorbeeld, brandstofpryse, elektrisiteitstariewe, minimum lone en rentekoers, te reguleer nie.

Daarom verstaan die meeste regeringsleiers ook nie dat pryse ‘n uiters belangrike funksie in die mark moet verrig en daarom vryelik toegelaat moet word om die regte prysseine aan die markdeelnemers uit stuur wat altyd weer die vraag en aanbod by ‘n markewewig in balans sal bring. Hulle verstaan ook nie dat prysvlakke (inflasie) deur al die plaaslike en internasionale politieke en ekonomiese faktore bepaal word wat ‘n invloed op die vraag en aanbod van goedere en dienste uitoefen, bepaal word nie, sowel as die waarde van die geldeenheid, respektiewelik, en nie deur die dwaling oor monetêre beleid wat net op die vraagkant van die ekonomie ingestel is nie. Asook nie dat ekonomiese groei van die vraag- en aanbodkant van die ekonomie geskep word wat deur die winsmotief gedryf word nie en dat die vraag en aanbod na alles gelyk is aanmekaar soos elke kwartaal deur Statistiek SA bewys word. Dit beteken dat geen ekonomiese groei moontlik is as die eenkant van die mark nie ook ‘n gelykwaardige bydra as die anderkant tot ekonomiese groei maak nie.

Gevolglik het die regerings van feitlik al die lande in die wêreld gedink dat hulle die funksies van die vryemark beter kan verrig deur wetgewing op hulle mense af te dwing teneinde alles moontlik te doen om aan bewind te probeer bly, ongeag wat die vernietigende gevolge daarvan, soos geen ekonomiese groei, groter armoede, werkloosheid en die wanbesteding van belastingbetalers se geld, is nie.

Dit was in werklik die begin van sosialisme en kommunisme in die wêreld wat die ekonomieë van baie lande in die verlede vernietig het en dit steeds nog vandag doen. Hulle het geglo dat almal eintlik vir die regering moet werk en alles wat geproduseer en vervaardig word gelykop onder almal verdeel moet word. Dit het die politieke oorlewing van regerings aansienlik versterk, maar dit het egter nog baie erger probleme tot gevolg gehad het. Die magsbeheptheid en ekonomiese ongeletterdheid van die meeste regerings het veroorsaak dat verdere wetgewing ingestel is om die geld wat aktiewe en produktiewe mense verdien, te vat en om dit onder diegene wat “niks sit en doen nie” te verdeel.

In die proses het korrupsie dramaties toegeneem en soos die historikus en filosoof, Alexander Tytler, dit reeds lank gelede gestel het: “A democracy is always temporary in nature; it simply cannot exist as a permanent form of government. A democracy will continue to exist up until the time that voters discover they can vote themselves generous gifts from the public treasury, with the result that every democracy will finally collapse due to loose fiscal policy, which is always followed by a dictatorship.” En verder dat “… the majority, having become complacent and pathetic, choose those who promise to take from one group and share the spoils amongst those who are less productive. An apathetic population is not one that will suddenly decide to roll up its sleeves and get the country, once again, on a productive footing, but will rather jump on the wagon full of empty promises and rides it downhill until it reaches the bottom of the economy.”

Dit klink uiters bekend sover dit Suid-Afrika en die res van Afrika betref en waarom ‘n politieke kommentator in een van die Afrikalande eendag oor die vernietigende gevolge van korrupsie op die ekonomie gesê het: “People do not run out of Africa, they run away from Africa even though they run a great risk of drowning in the Mediterranean Sea!”

Die feit is dat politieke leiers die ekonomieë van hulle lande vernietig net omdat daar niks belangriker vir hulle is as die uitslae van die volgende verkiesing nie, tensy die opposisie partye sterk genoeg is om dit sover as moontlik te verhoed soos in baie ander lande, maar waaroor ons egter nie in Suid-Afrika beskik nie.

Die feit is dat: “Die ekonomie is vraag en aanbod - vraag en aanbod is die ekonomie!”


ADVERTORIAL

HOLLARD

 LANDBOU 

Farming Diary

Oct
29

10.29.2020 4:00 pm - 5:00 pm

Nov
4

11.04.2020 4:00 pm - 5:00 pm

Apr
7

4:00 pm 04.07.2021 - 5:00 pm 04.09.2021

AGRI NEWS NET