WATTER STRUKTURELE HERVORMINGS? Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

“Niemand wat al geruime tyd na ‘strukturele hervormings verwys’ het as die oplossings vir Suid-Afrika se vernietigende ekonomie het al enigsins aangedui dat hulle 'n idee het waarvan hulle praat nie,” sê Fanie Brink, ’n onafhanklike landbou-ekonoom.

 Brink het verwys na die artikel “Rommel kom - en soos dit nou lyk, gaan SA lank ly” wat vandag in die Rapport verskyn het.

Hy sê die vraag is watter ander "strukturele hervormings," (wat nou al so afgesaag is), is nodig om die ekonomie en die land nog verder te vernietig as die ANC se ideologie van sosialisme en kommunisme met alles wat daaruit voortgespruit het en veroorsaak het dat Suid-Afrika vandag 'n totale mislukte staat is?

 'n Staat wat totaal bankrot is met skuld wat tot 70-80% van die Bruto Binnelandse Produk gaan styg, jaarlikse begrotingstekorte as gevolg van korrupsie en openlike diefstal, onafwendbare afgradering van sy kredietstatus, geen ekonomiese groei, swak sakevertroue en beleidsonsekerheid, om net 'n paar te noem! Met fondsbestuurders wat beleggers probeer mislei oor hoe wonderlik dit is om in die land te belê met hulle "cliché" dat die vernietigende gevolge van 'n kredietafgradering "reeds deur die mark ingeprys is."

 Die Rand gaan volgens hulle net "wisselvallig" wees en nie dramaties verswak nie, terwyl beleggers nie hul staatseffekte gaan terugverkoop nie want "hul geld sal wel na Suid-Afrika" toe vloei. "Enige verbetering in die regering se skuldlas of ’n kleiner begrotingstekort - hoe klein ook al - sal goed deur die mark ontvang word."

,SA het nie 'n "inkomste probleem nie" terwyl dit reeds baie duidelik bewys is dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens elke jaar sy inkomsteteikens misloop omdat die ekonomie nie groei nie en baie minder winste genereer word waarop belasting andersins betaalbaar sou wees, asook groter werkloosheid.

“En die media eet alles vir soetkoek op!” Selfs die ‘beleidsonsekerheid’ oor die baie duidelike beleidsrigting van die ANC se vernietigende sosialisme en kommunisme. Die enigste ‘doeltreffende strukturele hervormings’ wat nou nodig is, is vir die Internasionale Monetêre Fonds om die regering onder administrasie te plaas, sowel as 'n totale terugkeer na 'n kapitalistiese ekonomiese stelsel,” aldus Brink.