Nasie in gesprek- Nampo Kaap Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Landbouers, landbouleiers en verskeie ander belangrike mense het vandag weer deelgeneem aan Nasie in Gesprek. Te midde van moeilike omstandighede kan mens nuwe energie skep in landbou deur twee goed: Eerstens moet mens ‘n plan hê waaroor jy kan opgewonde raak en tweedens moet mens aktief die keuse neem om dit te maak werk -

Hier is kort uittreksels van gesprekke-.

Twee belangrike vrae wat ons saam moet antwoord: Hoe kry ons die stories in landbou daar buite en hoe kry ons dit op ‘n platform waar ander boere dit kan gebruik as navorsing en gevallestudies- 

Daar is definitief ‘n positiwiteit wat heers in die Wes-Kaap na die droogte en ons moet verstaan wat landbou se rol in SA en ook in Afrika is

Aan die eenkant is daar mense wat vol vrees is oor die situasie in landbou en aan die ander kant is mense wat vies is oor die verlede maar daar word nou vir die eerste keer in ‘n lang tyd met mekaar gepraat Jannie de Villiers

Almal kan aanvoel dat daar oor die laaste 3 weke ‘n verandering is aan die gesprekke in landbou en dat die persepsies begin verander. 

Dit is so belangrike, ons kom uit totaal verskillende leefwêreld. Hoe kan ‘n swartboer opstaan en vra vir beskerning van eiendomsreg as dit nog altyd van hom ontneem is. Kom ons verstaan mekaar in hierdie saak.

Dat daar meer antwoorde is op sekere vrae as by Nampo in Bothaville is verseker. 

Om alles saam te vat was daar verskeie gesprekke rondom voeding en die aanplant van sorghum

Voeding is een van die belangrikste aspekte van intensiewe skaapboerderye – Omdat mens baie meer van ‘n ooi verwag moet mens fokus op die nutriëntbehoeftes. 

Baie belangrik is om die regte infrastruktuur te hê as jy maandeliks lam omdat jy konstant die veranderlike klimaat moet in aanmerking neem. 

Die produktiwiteit van jou ooi is baie belangrik, 5 lammers in 2 jaar is noodsaaklik om winsgewendheid te verseker. 3 van die 5 lammers gaan dan vir kostes en 1 lam per jaar is dan wins.

As 70% van jou uitgawes in die stelsel nie voeding is nie, is jy besig om droog te maak - Dr. D’Wall Hauptfleisch (Veearts)

As jy nie ‘n identifikasiesisteem op jou ooie het, gaan ‘n stelsel nie vir jou werk nie – As jy begin praat van n’n makro-stelsel is RFID tags noodsaaklik – Dr. Karin Wessels (Mamre Intensiewe Skaapboerdery)

Presisievoeding help jou doeltreffendheid van jou voerverhoudings te identifiseer en jou voeromset te bepaal - Charné Josling. 

Kruisteling en die grootte van die ooi is belangrike aspekte wat mens na moet kyk in die stelsel 

Uitgestelde kontantvloei, infrastruktuur en genetika is uitdagings van so ‘n stelsel hoewel kleiner skale ruimte het om meer doeltreffend met kleiner hoeveelhede diere te werk - Dr. Karin Wessels (Mamre Intensiewe Skaapboerdery)

Rolspelers in die Gars bedryf moet begrip hê vir mekaar se risiko’s in die bedryf en ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor die industrie om seker te maak ons bou voort RD Erasmus (Voorsitter: Gars Spesialiteitskomitee)

Die risiko’s in die garsbedryf is te veel, mens moet dit eerder hanteer soos ’n huwelik en saam werk.

Een van die aanloklikhede in die garsbedryf is die verbetering van die kultivars - Gert Claassen (Gars Spesialiteitskomitee).

Ons is in die swartland al uitgehonger vir alternatiewe - Ons hoor van die Suid-Kaap suksesse maar ons probeer dit nou op ons eie manier afdruk - Gert Claassen (Gars Spesialiteitskomitee)

As die gars nie gaan tred hou met winsgewendheid nie en risikopremies is moontlik ’n oplossing, gaan gars moeilik sy plek volstaan in die koringbedryf - Gert Claassen (Gars Spesialiteitskomitee)

Dit is belangrik om die kundigheid wat ons tot nou toe in die garsbedryf opgebou het, behou word en dat daar kontinuïteit daar rondom bestaan

Die grootste probleem vir ons boere in die garsbedryf is die tekort aan kompetisie in die bedryf – Ons is nettonemers van die prys en dra al die risiko saam met die opbergers.

Baie bepalend tot die toekoms van die garsbedryf is om vertroue te verseker en om die onsekerhede in die bedryf uit die weg te ruim. Maak produsente deel van hul toekomsvisie - Erenst Pelser (Uitvoerende Hoof: SSK)

Opleiding was ook een van die besprekingspunte- 

Die privaatsektor moet die geleentheid gegee word om in opleiding te investeer waar daar dan ‘n belastingvoordeel vir hulle in die proses bewerkstellig word - Barend Sulvester (Kaap Agri Akademie).

Jong mense word opgeraap oorsee waar hulle gaan werk om ervaring in landbou op te doen omrede daar nie meer landbou skole/colleges in SA is nie - Magda du Toit (Korporatiewe Kommunikasie:

Opleiding en opleidingsinstansies in landbou: konsolidasie of spesialiteit? Sessie twee van Nasie in Gesprek op dag twee van Nampo Kaap fokus op opleiding en opleidingsinstansies.

 Hierdie was maak 'n paar van die opemerkings by "Nasie in gesprek"-

Wat opvallend is, is dat daar baie min kommersiele boere op die panele is en dat dit meer korporatiewe mense in die landbou is wat aan die gesprekke deelneem. Daar is wel landbouers in die gehoor wat deelneem.  

Landbouers in Suid Afrika moet meer self deelneem aan hulle eie toekoms. 

Inligting verkry van Nasie in Gesprek ( Twitter) - Kort samgestel deur FP span - Kyk na die volledige gesprekke op video.