Graan SA oliesademarkkommentaar- Suid Afrika Mei 2019

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Volgens Graan SA se weeklikse oliesademarkkommentaar het die plaaslike sojaboon- en oliesaadmark verlede week gemeng verhandel. Na verwagting gaan die aanplantings van kanola vanjaar hoër wees as in 2018 en die oesskatting vir grondbone is opwaarts aangepas.

Die Amerikaanse sojaboonmark het verlede week onder druk gekom en het laer gesluit vir die week. Oor die algemeen in die internasionale vooruitsigte vir die oliesade pryse redelik negatief. In die nuutste produksie skatting van sojabone is die wêreld sojaboon produksie vir die 2018/19 met 4.4 miljoen ton opwaarts aangepas vanaf die vorige skatting wat ? maand gelede gedoen was. Die wêreld produksie vir die seisoen word nou op 360,1 miljoen ton geskat.

Ander faktore wat bydra tot die druk op die internasionale pryse is China se laer sojaboon invoere. China is die wêreld se grootste invoerder van sojabone en die laer Chinese invoere het veral die Amerikaanse sojaboon voorrade skerp laat toeneem hierdie seisoen. Die sojaboon produksie in Suid Amerika lyk ook goed met beide Argentinië en Brasilië se produksie skatting wat opwaarts aangepas is vanaf die vorige skatting. Argentinië se produksie word nou op 55 miljoen ton geskat vir die seisoen terwyl Brasilië se produksie op 116 miljoen ton geskat word vir die seisoen. Die Brasiliaanse sojaboon uitvoere vir die seisoen is ook aansienlik laer en die verwagtinge is dat dit nie heeltemal die vorige skatting vir die seisoen behoort te haal nie. Die kumulatiewe Brasiliaanse sojaboon uitvoere wat gedurende April tot dusver gerapporteer is, is 6.69 miljoen ton. Dit laer as verlede seisoen se 7.44 miljoen ton teen dieselfde tyd van die seisoen. Die Amerikaanse uitvoere vir die eerste 3 weke van April was ook laer as wat die verwagtinge in die mark was. Dit is waar vir alle bestemmings wat China, die EU en ander lande insluit.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het verlede week gemeng verhandel, maar het hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit vir die week. Die NOK het verlede week die 3de produksie skatting vir die 2019/20 seisoen bekend gemaak. Die sojaboon produksie skatting vir die seisoen is 1.55% opwaarts aangepas vanaf die vorige skatting wat ? maand gelede gedoen was. Die sojaboon produksie vir die seisoen word nou op 1,296 miljoen ton geskat. In die nuutste maandelikse SAGIS syfers wat Vrydag bekend gemaak was is aangedui dat daar 103 529 ton sojabone gedurende Maart gepers was. Dit is 40,3% meer as ? jaar gelede.

Sonneblomsaad:

Die verwerking van sonneblomsaad in Rusland en die Oekraïne het gedurende Maart goeie toenames getoon en die verwagting is dat die verwerking in hierdie twee verder sal toeneem gedurende die 2de helfte van die jaar. Dit behoort aansienlik meer as die vorige seisoen se verwerkings te wees gedurende hierdie tydperk. Die groot sonneblom olie voorraad wat internasionaal beskikbaar is, en die pryse onder druk geplaas het, het die vraag na die olie ook laat toeneem en dus die verdere vooruitsigte vir die verwerking van sonneblomsaad in die Swartsee streek. Die verwagting in Argentinië is dat die verwerking vir die seisoen daar laer behoort te wees wat sal lei na groter oordragvoorraad aan die einde van die 2019 seisoen. Die Argentynse sonneblomsaad produksie vir die seisoen lyk goed en die totale produksie word op 3.7 miljoen ton geskat.

Plaaslik: Die plaaslike sonneblomsaad mark het verlede week gemeng verhandel, maar het hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit vir die week. In verlede week se nuutste oesskatting is die sonneblom produksie vir die seisoen 8.44% opwaarts aangepas vanaf die vorige skatting. Die totale produksie vir die seisoen word op 611 140 ton geskat.

Kanola:

Die Kanadese kanola pryse het verlede week hoofsaaklik onder druk gekom en het nuwe kontrak laagtepunte bereik. Die kanola mark is onder druk as gevolg van die groot voorrade wat internasionaal beskikbaar is. Die verwagting vir die seisoen is dat die beskikbare wêreld voorraad van kanola ? nuwe hoogtepunt van naby die 10 miljoen ton kan bereik teen die einde van die 2018/19 bemarkingseisoen. Die hoë internasionale voorraad kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die internasionale handelshindernisse wat hierdie seisoen gesien was. China se verbod op kanola invoere vanaf Kanada, die EU se volhoubaarheidskriteria en ook die nie-GMO vereistes is van die grootste handelsaspekte wat bygedra het tot die groot wêreld voorraad van kanola.

Plaaslik: Die NOK het verlede week die voorneme om te plant vir die 2019 seisoen bekend gemaak. Volgens hierdie verslag behoort die kanola oppervlakte vir die seisoen 80 000 hektaar te wees. Dit is 3 000 hektaar meer as die vorige seisoen se aanplantings.

Grondbone:

In Argentinië het die stroop proses van grondbone reeds begin en daar word besonderse goeie opbrengste gerapporteer. Die goeie opbrengste vergoed vir die laer oppervlakte wat hierdie seisoen aangeplant is en die verwagting is dat Argentinië hierdie seisoen baie naby aan ? rekord oes van tussen 850 000 en 900 000 ton gedopte grondbone behoort te hê. Die Argentynse grondboon uitvoere het gedurende die eerste 3 maande van 2019 skerp gedaal aangesien daar baie min voorrade beskikbaar was na die vorige seisoen se swak produksie. Die verwagting is dat die Argentynse grondboon uitvoere weer aansienlik sal toeneem gedurende die 2e helfte van die seisoen.

Plaaslik: In verlede week se nuutste oesskattingskomitee produksie skatting is die grondboon produksie vir die seisoen 12.96% opwaarts aangepas. Die totale produksie vir die seisoen word nou op 22 705 ton gerapporteer.


Newsletter Subscribe