Boer soek ’n plan: Mega-boere wil deel van die oplossing wees- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Selfs Tito Mboweni het hierdie week erken dat landbou een van die enjinkamers van Suid-Afrika se ekonomiese heropstanding moet wees, maar baie kommersiële boere woeker al lankal met hulle eie planne rondom grondhervorming, die vestiging van swart boere en die opheffing van plattelandse gemeenskappe.

ANNELIESE BURGESS vertel van 'n projek wat so grensverskuiwend is dat minister Nkosazana Dlamini-Zuma hierdie week by dié boerdery kom tee drink het.

Delmas is 'n kleurlose dorpie. Die munisipale verval wat ons platteland orals verlam, is hier uiters opvallend – die robotte werk nie, vullis klou aan gebroke sypaadjies, die geboue is verwaarloos, die paaie sleg.

Net so vervalle as wat die dorp is, is die plaas Witklip agtermekaar. Dit is ons bestemming.

Ons ry oor die spoorlyn aan die bokant van die dorp, deur 'n sluitpaal met 'n wag in 'n netjiese uniform, verby 'n groot graansilo-aanleg, tot op die werf – wel, eintlik 'n klein kantoorkompleks. Die grasperke is netjies gesny. Die geboue het elk 'n naambord - Navorsing, Menslike Hulpbronne, Administrasie ... 

Plaashuise, 'n groot skuur – die blink trekkers en implemente soos soldate langs mekaar ingeryg. 'n Bietjie verder weg, tussen bome, is die mooi gewels van die oorspronklike plaasgeboue – van hulle nou al byna 100 jaar oud. Bakkies en trokke woer rond – die blou “Schoeman Boerdery”-kenteken op die deure. 

Eeu-oue boerdery
Die Schoeman-familie boer nou al vier geslagte lank op 'n stel plase in Mpumalanga en Limpopo. Die boerdery is vanjaar presies 100 jaar oud. Schoeman Boerdery is die verpersoonliking van megaboerdery in Suid-Afrika: 'n hoogs suksesvolle, uitstekend bestuurde, internasionaal mededingende, wêreldklas-agri-besigheid.

Schoeman Boerdery het bykans 1,000 permanente werknemers (en gee ook werk aan 4,000 seisoenale werkers) – van die mense kom self al 'n paar generasies op die plaas aan. Daar is twee kleuterskole, twee laerskole en 'n hoërskool vir werkers se kinders. Daar is 'n kliniek, sokkervelde en 'n kerk, asook 'n naaldwerkfabriek en 'n bakkery wat deur die werkers self bestuur word. 

Schoeman Boerdery is 'n beliggaming van wat dit beteken om om te gee vir dié wat vir jou werk. Politici wat boere afmaak as nare setlaars en gronddiewe, kan gerus kom kyk wat maak mense soos die Schoemans (en baie, baie ander oor wie ek nog sal skryf) om van Suid-Afrika 'n beter plek te maak.

Lees die volle storie op die Skakel Bo-