Dis 2020 en waar staan Landbou in Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Dit is amptelik die jaar 2020- 'n Nuwe jaar wat voor die wereld le.

Jy is deel van hierdie jaar- met 365  dae van geleenthede om aan te gryp.

As ek terugkyk oor die jaar 2019 het dit maar ’n karige opbrengs gelewer, wat Landbou betref en die wat die prestasie van die regering van Suid Afrika betref. Die verwagtinge van meer duidelikheid oor grondhervorming en ’n landboumeesterplan wat die sektor kan vorentoe neem, het toe nog nie gerealiseer in 2019 nie - maar teen die einde van die jaar het daar onverwags eweskielik iets gebeur- 

Ons nuuskantoor ontvang daagliks nuus van oral oor- direk uit die boer se mond en ons span het in die jare duisende kilometers gereis om op persoonlike vlak by al ons boere, hulle gesinne en werkers uit te kom.  Ons het 'n goeie idee van hoe Suid Afrika lyk- en dit is nie soos ons dit wil sien nie. 

Dat 2020 die jaar moet wees waarop drastiese veranderinge moet plaasvind in regering se houding teenoor landbouers en hulle houding teenoor die belastingbetaler en inwoner van Suid Afrika is gewis. Ons platteland se infrastruktuur is totniet-  tot in die grond in bestuur deur die regering van die dag.  Instandhouding en onderhoud is nie deel van die regering se prioriteits lys nie. 

Alles wat gewerk het in 1994 en wat instand gehou is, werk baie min van in 2020- 26 jaar later sien mens 'n vervalle Suid Afrika. 

Ongelukkig het alle politieke partye wat reeds probeer het om plaaslike regerings suksesvol te bestuur misluk. Dalk is daar iemand anders wat dit beter kan doen. 

Die belastingbetalers het geen ander opsie as om hulle eie dorpe se bestuur oor te neem en hulle eie hardverdiende geld te gebruik om hulle eie dorpe weer op te bou. Ek het nie nodig op hierdie vervalle munsipaliteite en korrupte amptenare se doen en late te beskryf nie, want ons sien dit elle dag dwarsdeur die land.

Ons dorpe het skoonwater as jy so daarna kyk, en as jy dit in die kraan kan kry. Maar stadig maar seker word ons liggame verwoes deur die kwaliteit van die water. 

Ons riviere  en damme is besoedel- water wat die bron van lewe is, vir alle mense is lankal al 'n gevaar. In die stede bly mense in plakkerskampe langs riviere en spruite, hulle drink daar water, was hulle wasgoed doen hulle besigheid in die bos, terwyl die res van die stad se ontlasting en vuilwater by hulle verbyvloei. 

Die wereld is besaai met plastiek, papier en vuil affal. Geen wet en orde nie- almal maak net soos hulle wil en ander se net wat hulle wil. Sekere mense het geen respek vir hulle medemens nie om nie eens te praat van maniere en gewoontes nie. Dit is Suid Afrika se regering se absolute onvermoee om die land te bestuur. 

Dis twee werelde as jy die Gautrain in Gauteng se stasies en treine gebruik- dis skoon, netjies en alles is op tyd- ry net langsaan by Transnet se perseel verby dan sien die 3de vervalle wereld van Suid Afrika. Jaarliks word daar tussen 3 en 4 enorme groot geboue gebou in groot stede waarin groot maatskappye gehuisves word. Alles wat 'n aanduiding is dat daar nog steeds goeie geld gemaak word ten spyte van die land se probleme. Die mense wat by die maatskappye werk is gemotiveerd en produktief omdat hulle deel is van 'n maarskappy wat suksesvol besigheid doen. 

Maar as jy na die strate kyk en die infrastruktuur wat verwaarloos is sien jy Afrika. 

Ons edelagbare President Ramaphosa is so besig om die ANC te bestuur dat hy skaars kans kry om te hoor wat in sy eie regering en land aangaan. Ek kry die indruk dat ons President in 'n "roomkoek" lewe en kort -kort deur iemand in die regering herrinner moet word dat daar absolute wanorde in Suid Afrika is. Ons hoor net hoe hy rondreis en hoe hy oral praat en hoe goed dit nog sal gaan. Ons is President is 'n vriendelike omgee persoon wat sy land en mense se belange op sy hart dra-  Meeste van die land se inwoners het vertroue in die President, en meer vertroue as voorheen,maar dit is tyd om skoon te maak, reg te maak en wet en orde te herstel. 

Niks gebeur op tyd nie- die meeste van politieke partye in land dink, as hulle 'n persvrystelling of konferensie bele dat, die werk gedoen is en die saak nou afgehandel is en dat almal  moet kennis neem en optree. 

Dinge gebeur te stadig, ons President luister te veel na sy informante, staan te veel bakhand en is nie op grondvlak by al die mense van Suid Afrika betrokke nie. Niks gaan gebeur deur beloftes en praaitjies nie. Wat die regering se, moet hy doen. 

Daar is ook te veel vakbonde wat die regering wil beheer. Rasisime is op sy ergste sedert 1994- dis omdat die regering dit toelaat. Ons mense wil in vrede en liefde met mekaar saamleef. 

President Cyril Ramaphosa het die hoop uitgespreek dat 2020 'n nuwe begin sal wees vir die land ná die afgelope jaar se laagte- en hoogtepunte. Ramaphosa sê in sy Nuwejaarsboodskap aan Suid-Afrikaners, hoewel 2019 talle terugslae gehad het, moet Suid-Afrikaners in die nuwe jaar saamstaan om 'n beter land vir almal tot stand te bring.  

Uit die blote spreek die edelagbare Minister van Landbou haar absolute misnoee uit oor die aantal landbouers wat koelbloedig vermoor is en daarmee saam is sy baie jammer oor die miljoene rande wat landbouers skade lei deur veediefstal. Almal is baie bly oor haar uitspraak, maar wat nou.  Wat gaan sy doen om die situasie te stop- en hoeveel jaar gaan dit neem.?

Kry ons land misdaad ,moord, diefstal en doodslag onder beheer deur die wette te verander en nie net hierdie mense weer in tronke te gooi nie. Stel mense aan in die regering wat produktief is, wat wil werk, wat wil bou en nie soos 'n bosluise op die belastingbetaler se geld teer nie.

Ons het baie bekwame mens in die land wat regtig 'n verskil kan maak.  Dis 'n absolute swak gees wat ons oral sien in staatsdepartemente. 

In Suid Afrika is daar hopeloos te veel praters en te min doeners en dit kom duidelik in die regering asook in ander departemente en korporatiewe maatskappye voor.  

Ons sien alles duidelik in staatsondernemings wat tot in die grond bestuur is.. Dis net geld, salarisse, huise, motors en duur oorsese vakansies en 'n baie groot posbeskrywing- en moenie die styl vergeet nie. Staatsamptenare wat jaarliks in Desember vakansie in alpa gaan probeer ski of in Dubai rondhang in duur hotelle. Verseker het hulle geen respek vir die mense wat hulle salarisse betaal deur hard te werk nie. Dit is duidelik dat 'n groep verantwoordelik is vir die sabotasie van vele staatsbeheerde maatskappye asook ander privaat instansies. 

En as dit nodig is kan al die staats maatskappye onder sakeredding geplaas word en bestuur en beheer word deur mense wat weet hoe, gaan elkeen in die land 'n beter lewe het. 

Dit is duidelik dat as Suid Afrika nie in die jaar sy planne draties tot uitvoer bring en daar positiewe resultate is, die IMF die land se bestuur gaan oorneem. Dit gaan enorme implikasies he, maar dalk gaan ons land bestuur word soos wat 'n land bestuur moet word. Dalk is dit beter as totale anargie en armoede. 

Landbou het nie oor die algemeen 'n goeie jaar gehad nie. Daar is bedrywe waar dit baie sleg gegaan het en ander wat uitstekend presteer het. Biosekeriteit het ons landbouers wat presies en suksesvol boer baie geld gekos. Die regering se grondhervormings proses hang nog steeds soos 'n swaard oor ons land se landbouers, grondeienaars en privaat maatskappye en huiseienaars se koppe.

As die regering die beleid gaan deurvoer is Suid Afrika se hele ekonomie totniet. Die howe gaan vol wees en daar gaan geen kos meer op grootskaal produseer word deur groot kommersieele landbouers nie. Die res van die komplikasies is aan almal bekend.

Water is nog 'n ander groot kopseer en daar word gereeld vertel hoe alles gedoen word om ons water te red, maar ons sien dit nie.  Ons rivioer en damme se water is absoluut swak.

Landbouers word daagliks besteel -Vee ter waarde van sowat R1,24 miljard is in ’n enkele boekjaar in Suid-Afrika gesteel. En dié prentjie is dalk selfs nóg donkerder as ’n mens in ag neem dat net sowat 20% van veediefstalle uiteindelik aangemeld word.

Alles rondom aardverwarming, droogtes en gasse neem die regering kennis van, maar daadwerlik gebeur daar niks. Ons land se mense moet opstaan en beheer begin neem soos beskaafde mense wat hulle nageslag nog hier wil laat oorleef. 

Belastingbetalers kry absoluut niks uit hulle hardverdiende geld nie- en dis lankal tyd dat die regering tot verantwoording geroep word. Elke ding het 'n begin en einde- en die einde van die vermorsing kan nie meer aangaan nie . Dis tyd dat ons bestuur word deur doeners en kundige mense. 

Landbou was nog altyd die afdeling in die land wat met sukses bestuur en beheer is. Dis omdat landbouers doeners is. Ten spyte van al hierdie aanslae teen ons landbouers het nog uitgegaan en honderde klein en beginnerboere help vestig. Suksesvolle beginnerboere het al kommersieele boere geword en van hulle het nog nie eers hulle eie grond nie. 

Ons gaan ook groot uitdagings in georganiseerde landbou hê om aanpassings te maak vir die tye wat voorlê. Niemand kan verandering vryspring nie. Landbou het nog altyd 'n verskil gemaak. Staan by georganiseerde landbou en versterk hulle om net die beste vir landbou te doen. 

Dis tyd dat ons die trein omdraai, en baie vinnig ook.  Daar is te veel gepraat en daar is hopeloos te veel stuurmanne op die kant. 

"The proof is in the poeding" en dis nou "Show time" Mnr die President- dis tyd dat jy die leisels oorneem en strywer trek..dis lankal tyd dat die sweer moet oopbars en al die wurms uitkom... Dis tyd om die pyn te vat. Jy kan nie 'n probleem los dat dit groei en groei nie- en dis nie nodig om jou ore uit te leen aan faksies en sekere politieke partye wat Suid Afrika en sy mense wil vernietig nie. Praat is verby- dis nou AKSIE.

Die oorgrote hoeveelheid Suid Afrikaners wil lewe, wil veilig voel, wil hulle eiendom besit, wil vir hulle kinders 'n lewe gee.. die media in Suid Afrika gee hopeloos te veel aandag aan mense wat ons land wil vernietig en afbreek. 

Geregtiheid het nog altyd geseevier maar jy moet dit in werking stel en ongeregtigheid drasties begin uitroei. Dis tyd om mense wat ons land so besteel het te arresteer en voorbeelde van hulle te maak en dan sal hulle mekaar uitbring een vir een.  

Ons geloof en deursettingsvermoee het ons hier gebring- ons kan nie langer sit en kyk hoe ons dag na dag agteruit gaan nie. 

Ons land se landbouers het hulp nodig- anders het ons nie kos nie- ons wens elke landbouer in die land net die beste 2020 toe- vol reen, baie water, mooi gras, vet beeste, mooi oeste en net die beste gesondheid en lewenskrag. 

Pas jou gesin op- Kyk mooi na jou vrou of metgesel... en glo net in jouself. Staan op en maak 'n verskil. Ons het werk om te doen. 

ANN Nuuskommentaar. 


Newsletter Subscribe