Landbou Nuus opsomming Woensdag 27 April 2022-

Landbou Nuus opsomming Woensdag 27 April 2022-

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas saam met nog ander artikels. 

Nuusoorsig 

Nampo en Graan SA het die afgelope week uit verskeie oorde onder hewige kritiek deurgeloop as gevolg van die covid-19-regulasies vir besoekers van Nampo 2022 – en sommige van die oorde was verbasend. Dr Pieter Taljaard het 'n ope brief geskryf op Landbou.com waarin hy meer inligting gee oor Nampo en hoekom die reels en regulasies toegepas word. Dit verbasend hoe sekere mense wat baie min van landbou weet en glad nie eers deel is van landbou hulle kele skoonmaak op sekere ooraktiewe manne op sosiale media se platvorms. Die taalgebruik is in baie gevalle uiters swak en is grens naby aan "banaal" Dr Taljaard sluit af in sy brief met die volgende woorde  -Konsentreer eerder saam met ons op die taak op hande en die groter prentjie en doel. Deur Nampo 2022 skade te probeer berokken, straf jy nie die opposisie nie, maar jy straf die span. Ons bly hoopvol dat al die regulasies wat hierdie ontevredenheid veroorsaak het, teen begin Mei afgeskaf sal wees, maar ongeag, kom ons beweeg aan en konsentreer op die spel. 

Volgens Corné Louw, Hoof van Toegepaste Ekonomie en Lededienste by Graan SA, is hierdie seisoen se sonneblomoesskatting hoër as die vorige seisoen s’n, en kan dit toegeskryf word aan ‘n toename in sonneblomaanplantings. Die huidige sonneblomaanplantings word op 670 000 hektaar deur die NOK geskat. Hierdie syfer is 40% hoër as verlede jaar se aanplantings van 478 000 hektaar. Die nat weer het daartoe gelei dat produsente nie mielies kon plant nie en hulle het gevolglik sonneblomme geplant. Louw voeg egter by dat die ontkieming van sonneblomsade negatief geraak is omdat hulle in nat lande geplant is. Suid-Afrika is netto-invoerders van plantaardige olie, wat sonneblomolie insluit, sowel as proteïne soos sonneblomoliekoek. Die goeie oes wat in Suid-Afrika aangeteken is, maak die land tot ‘n mate minder afhanklik van Rusland en die Oekraïne. Die oorlog in die laasgenoemde lande het ook ‘n impak op plaaslike sonneblompryse. Die plaaslike sonneblomprys het met 10% gestyg sedert die begin van die oorlog in die Oekraïne in Februarie vanjaar.

Daar heers groot kommer in boerderykringe oor die styging in kunsmispryse. Kenners voorspel dat pryse na verwagting van met 32% tot 69% in hierdie plantseisoen kan styg. Dit skep natuurlik ʼn verdere bekommernis oor stygende voedselpryse en die impak van inflasie. Vir baie boere is kunsmis 50% van hul insetkoste. Die Wêreldbank dui aan dat dié situasie voedselsekerheid onder toenemende druk gaan plaas. In landbou is daar geen kitsoplossings nie, maar as ons hierdie roete volg, plaas ons onsself in ʼn baie gunstiger situasie as wanneer ons strategieë volg wat ons al jare lank gebruik. Teen die huidige koers gaan kunsmis steeds duurder word, wat ons insetkoste sal verhoog en ons winsgewendheid verlaag. Met verloop van tyd het ons meer kunsmis nodig om dieselfde opbrengs te kry, terwyl die grondgesondheid verder afneem. Dit sal uiteindelik tot die dood van ons grond lei.

Natuurrampe sal drie keer meer voorkom in 2030, terwyl droogtes lande 30% meer sal knel - VN-verslag -Die aantal uiterste hittegolwe in 2030 sal drie keer meer wees as wat dit in 2001 was en daar sal 30% meer droogtes aangeteken word, volgens 'n verslag wat die Verenigde Nasies (VN) Maandag uitgereik het. Die verslag onthul ook dat natuurrampe 'n meer algemene verskynsel in die komende jare sal wees. "As huidige neigings voortduur sal die wêreld van ongeveer 400 rampe per jaar (soos in 2015 aangeteken) na 'n geskatte meerderheid van ongeveer 560 rampe per jaar teen 2030 toeneem," lui die verslag. "In vergelyking met aangemelde getalle van 1970 tot 2000 het die wêreld net 90 tot 100 rampe per jaar gehad."

Vandag vier Suid Afrika sy 28 ste jaar van demokrasie onder die bestuur en sogenaamde leierskap van die ANC regering- Die verval wat ons vandag in Suid afrika sien is die werk van die ANC regering wat byna elke staatsinstelling in Suid Afrika tot in die grond bestuur het en byna rot en kaal besteel het. Korrupsie is deel van die ANC en sy meelopers en dit sal nooit uitgeroei word nie. Elke dag vind daar nog steeds korrupsie plaas en word Suid Afrika se skuld meer asook die mense wat werkloos is. Die ANC het net nie die vermoee om enigsins iets suksesvol te bestuur nie en het dit reeds in die jare bewys. Onderhoud is nie in woordeskat van die ANC en sy meelopers nie. 

Leon Schuster het baie jare gelede gese dat hoe bome vang die meeste wind - maar dis die klein hondtjies wat teen jou stam water afslaan wat die ergste is- dit gebeur nou op sosiale media as jy jouself daarin bevind -en  die kommentare moet lees van mense wat absoluut geen waarde stelsel het- en vrylik mense aanval en slegse- of hulle dit nou man tot man sal doen- weet ons nie.. Sosiale media wys eintlik wie en wat jy is. Die gesegde " moenie jou met die semels meng nie- dan eet die varke jou op" is dalk nou vanpas in die wereld van sosiale media.  Die beste is- bly maar liewer weg van sosiale media as jy nog jou waarderstelsel en selfrespek wil behou- of suiwer jou van sogenaamde "banale" vriende en doen liewer jou werk. 

 

Afrikaanse nuus  op AGRI NEWS NET -

Beperking op die aantal bottels kookolie wat jy kan koop, dalk binnekort SA se voorland -Met die pryse van kookolie wat wêreldwyd die hoogtes inskiet, kan die Russiese inval in die Oekraïne lei tot 'n tekort aan kookolie op winkelrakke in Suid-Afrika.

Die Nasionale Drankhandelaars-vereniging in Suid-Afrika sê die voorgestelde wysigings aan die Gesondheidswet sal sy lede vervreem. Die vereniging sê die regering het nog nie bewyse gelewer dat alkohol die verspreiding van aansteeklike siektes aanhelp nie. Hulle beklemtoon nog ‘n verbod op alkoholverkope sal die sektor nadelig raak.

Suid Afrika -Die feit dat vier uit tien volwassenes nie werk het nie, is ons mees onmiddellike krisis, maar die maandelikse eksodus van duisende opgeleide mense en entrepreneurs wat uit die piepklein groepie kom wat die meeste inkomstebelasting betaal, is nie minder gevaarlik nie.

Die vraag na plaaslike katoen neem toe namate plaaslike kleinhandelaars in die tekstielbedryf hulle haas om aan die regering se meesterplan vir landbou-en-landbouverwerkingsmeesterplan (AAMP) se vereistes te voldoen. Dié plan het onlangs begin vorm aanneem en die katoenbedryf se teiken is om teen 2030 altesame 65% van sy katoen plaaslik te bekom.

Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê kleinveeboere moet veral kennis hiervan neem. Die kouefront kan teen Dinsdag of Woensdag ryp tot gevolg hê, veral oor die sentrale na die suidelike dele van die Vrystaat, oostelike en suid-oostelike dele van die Noord-Kaap, sowel as die Oos-Kaap.

Landboukampioenskappe is ‘n integrale afdeling van Bloemskou, waar onder meer beeste, skape en perde in hul verskeie afdelings meeding. Elmarie Prinsloo, die hoof uitvoerende beampte van Bloemskou, sê 14 landboukampioenskappe word vanaf 27 April tot 7 Mei vanjaar aangebied.

Presisieboerdery, wat verwys na moderne boerderypraktyke wat produksie doeltreffender maak, gekombineer met groter en doeltreffender plant- en boerderytoerusting, het dit moontlik gemaak om grond doeltreffender te bewerk as voorheen. Dit beteken beter opbrengste en minder uitgawes wat die winste verhoog en boerdery meer betalend maak.

Die styging van mieliepryse is een van talle faktore wat ’n warboel in die plaaslike en internasionale varkbedryf veroorsaak, sê dr. Pieter Grimbeek, hoofveearts by Agri Farmacy. Voeg daarby droogte in onder meer Argentinië, Amerika en Europa, die onverwagse inval van Rusland in Oekraïne en die onbeheerde uitbreiding van die plaaslike varkbedryf en dit lyk al hoe meer of die bedryf homself in ’n perfekte storm bevind.

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê weens die vele onderbrekings in internasionale handel as gevolg van Covid-19, bedreig opeenhopings by fasiliteite steeds die betroubare voorsiening van belangrike landbouprodukte. Dit hou verband met handelsinfrastruktuur, insluitend hawens se vermoëns en tarief- en geen-tariefbeperkings.

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê Europa is danksy die Groen Ooreenkoms op koers om klimaatneutraal te word. Volgens die ooreenkoms het Europa basies een kans, en dit is om uitlaatgasse te beperk; in skoon, groen, hernubare energiebronne te belê; afval te beperk; en die moontlikheid van ‘n sirkel-ekonomie te ondersoek.

Die Namibiese veesektor het op ‘n kwartaalgrondslag positiewe groei aangeteken, waar verbeterings in bees- en skaapslagtings deur uitvoer-abattoirs hoofsaaklik groei in die sektor ondersteun het. Bees- en skaap-uitvoere het in die eerste kwartaal van 2022 onderskeidelik met 137 persent en 35 persent toegeneem, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.

Die landbouminister, Thoko Didiza, sê haar departement doen alles in sy vermoë om die bek-en-klouseer-uitbreking te bekamp wat na vyf provinsies versprei het. Sy het verlede week met LUR’e en amptenare van Limpopo, Noordwes, Gauteng, die Vrystaat en KwaZulu-Natal vergader.

Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) sê die huidige seisoen se skatting vir sonneblomoeste staan op net minder as 960 000 ton. Volgens Corné Louw, Hoof van Toegepaste Ekonomie en Lededienste by Graan SA, is hierdie seisoen se sonneblomoesskatting hoër as die vorige seisoen s’n, en kan dit toegeskryf word aan ‘n toename in sonneblomaanplantings.

Daar heers groot kommer in boerderykringe oor die styging in kunsmispryse. Kenners voorspel dat pryse na verwagting van met 32% tot 69% in hierdie plantseisoen kan styg. Dit skep natuurlik ? verdere bekommernis oor stygende voedselpryse en die impak van inflasie. Vir baie boere is kunsmis 50% van hul insetkoste.

Ons span vir Nampo 2022 en Graan SA is toegewyde, geesdriftige en kundige mense wat ná ’n afwesigheid van twee jaar daarna uitsien om Nampo weer te kan aanbied. Hiermee volstaan ek: Konsentreer eerder saam met ons op die taak op hande en die groter prentjie en doel. Deur Nampo 2022 skade te probeer berokken, straf jy nie die opposisie nie, maar jy straf die span.