VERNIETIGENDE ANC BELEID GAAN VOORT- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

Die president van die land, Cyril Ramaphosa, het die afgelope week weereens die vooruitsigte en hoop vir die moontlike herstel van die ekonomie verpletter deur sy bevestiging dat die ANC se ideologie voortgesit sal word ongeag die verdere vernietigende gevolge wat dit vir die ekonomie sal inhou,” sê Fanie Brink, 'n onafhanklike landbou-ekonoom.

Ramaphosa het dit nogmaals bevestig dat sy regering steeds sal voortgaan "om 'n ekonomiese toekoms te bou wat inklusief en bemagtigend vir veral swart mense moet wees. Daardie ekonomiese toekoms moet op radikale ekonomiese transformasie geskoei wees. Ons moet dit doen deur nuwe vennootskappe met alle sleutelrolspelers in die samelewing te sluit.”

Sy uitsprake beteken net een ding en dit is die voortsetting van die vernietiging van die ekonomie en die land wat op suiwer sosialisme sonder ekonomiese groei baseer is en deur regulerende kommunistiese leerstellinge op die ekonomie en die land afgedwing word!

Brink sê die ‘sleutelrolspelers" ondersteun hierdie beleid reeds ten volle, veral die georganiseerde privaatsektor wat die georganiseerde landbou en landboubesighede insluit wat met hulle "social compacts" die regering ondersteun om die ekonomie finaal te vernietig!!

“Die georganiseerde privaatsektor moet dit as ‘n voorwaarde aan die regering stel dat hy van sy ideologie moet afsien en ‘n totale terugkeer na ‘n kapitalistiese ekonomiese stelsel moet maak anders kan hulle samewerking met sy sosialisme en kommunisme nie voortgaan nie.”

Selfs die Demokratiese Alliansie, as die amptelike opposisie, het nog nooit 'n alternatiewe beleid vir die ANC se ideologie gehad nie soos ook duidelik uit sy nuwe "economic justice policy" van inklusiewe sosialisme blyk.

 Die media wat deur die ANC se beleid van swartbemagtiging beheer word was gevolglik ook nog nooit bereid gewees om hierdie ideologie op basis van die werklike vernietigende feite en realiteite daarvan te kritiseer nie.

“Die finale aftelling na die totale ekonomiese verwoesting het reeds lank voor die uitbreek van die Covid19-pandemie begin wat dit in werklikheid net verder verhaas het,” sê Brink.