EKONOMIESE GROEI DAAL IN DERDE KWARTAAL - Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

“Statistiek SA het vandag aangekondig dat die ekonomie in die derde kwartaal vanjaar met 1,5% gedaal het nadat dit reeds in die tweede kwartaal besluit is om nie meer die kwartaallikse groeisyfers te annualiseer (met vier te vermenigvuldig) om ‘n aanduiding van die verwagte jaarkoers te verkry nie.

Die syfers is egter nog steeds misleidend om ‘n jaarkoers daarmee te projekteer omdat die Bruto Binnelandse Produk (BBP) vir die derde kwartaal steeds met die tweede kwartaal vanjaar en nie met dieselfde kwartaal verlede jaar vergelyk is nie,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Sommige ekonome en die meeste batebestuurders, asook die Reserwebank, het egter die aanvanklike groeikoers van 1,2% vir die tweede kwartaal vanjaar nogtans weer geannualiseer om ‘n jaarlikse groeikoers van 4,8% vir 2021 te projekteer wat verder tot gemiddeld 5% aangepas is.

Hierdie groeikoers is as die amptelike groeikoers deur verskeie batebestuurders en ander finansiële advisieurs verkondig om binne- en buitelandse beleggers en investeerders te oorreed dat Suid-Afrika ‘n wonderlike plek is om meer kapitaal in te belê en te investeer om sodoende hulle “bottom line” te beskerm. Terwyl die Reserwebank dit verkondig het om te probeer bewys dat sy belaglike rentekoersbeleid ekonomiese groei kan stimuleer wat die enkele grootste dwaling in die ekonomiese wetenskap is!

Hiervolgens beteken dit dat die groeikoers vir die derde kwartaal egter nie net met 1,5% gedaal het nie, maar in werklikheid met ‘n geprojekteerde jaarlikse groeikoers van 6% vir 2021 as dit ook geannualiseer sou word soos verlede kwartaal.

Beide die geprojekteerde groeikoers van 5% wat op die groeisyfers van die tweede kwartaal baseer is en die -6% wat op die derde kwartaal se groeisyfers gebaseer is, is in werklikheid  verkeerd omdat hierdie kwartale met die voorafgaande kwartale vergelyk is en nie met dieselfde kwartale van verlede jaar nie, asook omdat die kwartaallikse groeisyfers geannualiseer is en aangepas is vir seisoenskommelings wat in beide gevalle nie nodig en verkeerd is

Die vraag is nou hoe die meeste batebestuurders en ander finansiële adviseurs die plaaslike en buitelandse beleggers en investeerders gaan oorreed om steeds in Suid-Afrika met sy vernietigende ekonomie verder kapitaal te belê en te investeer?

Dit is daarom baie jammer dat Statistiek SA se verkeerde kwartaalikse groeisyfers steeds tot hierdie verkeerde groeiprojeksies aanleiding gee aangesien sy berekeningsmetode steeds verkeerd is omdat hy weereens die derde kwartaal met die tweede kwartaal vanjaar en nie met dieselfde kwartaal verlede jaar vergelyk het nie in welke geval die derde kwartaal met 2,9% sou gegroei het.

Die feit dat Statistiek SA sedert die tweede kwartaal ook wel die korrekte groeisyfers bereken deur elke kwartaal met dieselfde kwartaal van die vorige jaar te vergelyk wat die enigste korrekte verwagte jaarkoers op daardie stadium sal wees aangesien die ekonomie nie met  die resultate van verskillende berekenigsmetodes waarvan sommige foutief is kan funksioneer nie.

Hierdie groot daling in die ekonomiese groeikoers vir die derde kwartaal vanjaar het die vernietigende ekonomiese onluste en plundering in Kwa-Zulu Natal en Gauteng, tesame met die styging in werkloosheid wat die privaat verbruiksbesteding aan die vraagkant benadeel het. Die swak besigheidsvertroue en die voortdurende elektrisiteitstekorte het die ekonomiese groei vir die derde kwartaal ook aansienlik verswak.

Alhoewel sommige ekonome en die meeste batebestuurders, asook die Reserwebank, die groeisyfers van Statistiek SA wat die kwartaallikse groeisyfers vergelyk met die groeisyfers van die vorige kwartale as korrek aanvaar, is dit egter interressant, maar ook misleidend, dat hulle ook die vergelyking met dieselfde kwartale verlede jaar aanvaar om ‘n groeikoers vir 2021 te motiveer.

Die korrekte groeikoers vir 2021 gaan aan die einde vanjaar uit die aard van die saak bepaal word deur die groeisyfers (BBP) van die vier kwartale vanjaar met die BBP van dieselfde vier kwartale verlede jaar te vergelyk, waarin die vergelyking van die BBP vir vanjaar se vier kwartale met die voorafgaande kwartale geen rol sal speel nie.

Dit kan geensins as ‘n aanduiding gebruik word vir die groeikoers wat vanjaar verwag kan word nie. Die gemiddelde groeikoerse vir die eerste drie kwartale vanjaar wat met dieselfde drie kwartale verlede jaar vergelyk is van 5,8% is op hierdie stadium die beste aanduiding van die verwagte groeikoers vanjaar afhangende hoe die laaste kwartaal vanjaar verloop. ‘n Heelwat beter groeikoers kan vir vanjaar verwag word in vergelyking met verlede jaar as gevolg van die ernstige Covid-9-pandemie wat grootliks vir ‘n inkrimping van die ekonomie met 6% verantwoordelik was.

Die kwartale in dieselfde jaar is geensins met mekaar vergelykbaar nie. Indien elke kwartaal met dieselfde kwartaal van die vorige jaar vergelyk sou word sal dit in elk geval ‘n jaarkoers wees wat dan nie geannualiseer en vir seisoenskommelings aangepas hoef te word nie omdat dit dan ook min of meer dieselfde “seisoene” met mekaar vergelyk.

Die groot daling in die groeikoers van die landboubedryf van 13,6% kan grootliks toegeskryf word aan die berekenig van Statistiek SA wat die derde kwartaal met die tweede kwartaal vanjaar vergelyk het omdat daar baseer op die gemiddeld 58% van die tweede grootste mielie-oes in die geskiedenis van 16,3 miljoen ton wat in die tweede kwartaal gestroop en aan die silo’s gelewer was teenoor slegs 3% in die derde kwartaal wat noodwendig ‘n negatiewe invloed op die landboubedryf se groeiprestasie in die derde kwartaal sal veroorsaak het. Indien die derde kwartaal vanjaar met dieselfde kwartaal verlede jaar vergelyk was sou die produksie van mielies grootliks die daling in die groeikoers van die landboubedryf in die derde kwartaal tot net 3,1 verminder het.

 Plaaslike en buitelandse beleggers en investeerders wat verdere kapitaalbeleggings en investerings in Suid-Afrika wil maak sal baie deeglik oor die ekonomiese risiko's wat buitensporig hoog geraak het moet besin. Nie net as gevolg van die derde kwartaal se negatiewe ekonomiese groeikoers nie, maar wees die stelselmatige aftakeling van die ekonomie deur die ANC-regering se vernietigende sosialistiese ideologie wat oor dekades plaasgevind het en wat alles verder teen 2024/25 sal vernietig.

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

 

Die derde kwartaal se publikasie van Statistiek SA kan by die volgende skakel afgelaai word:

http://www.statssa.gov.za/publications/P0441/P04413rdQuarter2021.pdf


Newsletter Subscribe