Womens Insight- South Africa

Womens Insight- South Africa

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Die Women`s Insight kompetisie is nasionaal en oop vir elke Afrikaans of Engelsprekende boer se VROU, BoerVROU of VROU in landbou van ouderdom 18 en ouer  - Eksklusief tot Landbou 

Die kompetisie se amptelike bekendstelling vind plaas op Dinsdag, 4 April tydens `n ontbyt, aangebied vir die media en potensiële borge by die Lynnwood Conference centre in Lynnwoodweg, Pretoria.

Die kompetisie-inskrywings open direk na die bekendstelling in April en die finale proses van beoordeling in Julie met die Gala-aand in Vrouemaand, op Donderdag 24 Augustus by `n funksielokaal (nog nie bepaal nie) in Pretoria. Die gaskunstenaar vir die formele galafunksie, is Willem Botha.

Agtergrond

Die beeld van die Boer se Vrou/Vroueboer of `n vrouerolspeler in landbou ontvang nie die erkenning wat dit verdien nie. Dié VROU is in meeste gevalle `n gegradueerde persoon, `n leier in haar gemeenskap, kerk, skool en hou die administrasie op die plaas, die plaasskool, kliniek of gemeenskapsentrum in haar omgewing aan die gang.

Hierdie vrou is die mede-besluitnemer op die plaas, het laatnaggesprekke met haar man oor die uitwerking van die weerpatrone, regeringsbesluite ens op die voortbestaan en bestuur van die plaas as onderneming, neem die finansiële besluite om haar man geleentheid te gee om te boer. Hierdie VROU is die voorprater van die insette wat haar man moet lewer by die boerevereniging of landbou-organisasie waaraan hy behoort om die boer se stem te laat hoor. Hierdie vrou het insig oor die impak van besluite wat landbou-organisasies en regering van die dag neem maar haar stem strek sover as die plaas wat sy saam met haar man bestuur, self bestuur of `n vrou in landbou-omgewing is – maar nooit `n eie platvorm het om daardie stem en mening te laat hoor nie!

(Daar is `n magdom kompetisies waarvoor mans in landbou kan inskryf, hulle stem kan laat hoor, luukse bakkies en oorsese reise kan wen maar nooit was daar `n kompetisie vir die vrou in landbou nie)

Agri X Group en CRA MEDIA ( Farmingportal.co.za Agrinewsnet.co.za gaan hierdie vrou `n platform gee om ook haar stem te laat hoor dmv `n kompetisie waar sy in 8 minute haar mening oor die bepaalde onderwerp (daar is `n lys van onderwerpe) van haar keuse kan lug. Die finale 10 beste video-inskrywings kom op 24 Augustus byeen in Pretoria vir `n ontbyt, wynproe en bederf. Die 10 dames word die aand van die galafunksie geleentheid gegee om weer haar stem te laat hoor, die finale 3 finaliste bepaal en met die uiteindelike finale wenner vir 2023 gekies. Elk van die 10 finaliste verdien `n kontantbedrag, oornag in `n hotelkamer, word bederf en is na reg almal wenners.

Die top 3 wenners ontvang kontantpryse, en die wenner `n motor vir een jaar “gebrand” tot en met die volgende jaar Augustus. Die motor bly die wenner se eiendom. Hierdie dame sal die geleentheid gebied word om in haar Ambassadeursjaar van die kompetisie by geleenthede op te tree om so haar stempel en dinamika van die ware kaliber vroue en landbou, te kan bekendstel.

The Women`s Insight competition is national and open for women whether a famers` wife, a farmer or a women in agriculture from the age 18 and older and exclusive to agriculture.

The official launch of the competition will take place on April 4th in Pretoria for media and corporates.

Women in agriculture deserves recognition. These women are in most cases graduated or with some form of post-school tertiary qualification and a leader in hear community, church, at the local school, clinic and plays a role in keeping the daily activities on the farm, running.

A Women who forms part of the decision making on the farm, support her husband to adapt to the changes in weather, government rules, managing the finances of the farm as a business.

A Women who offers an input before agricultural meetings and conferences. This Women has a direct input in the management of the farm and allows her husband to be a farmer and allows him to farm. A Women without a platform to raise her own voice.

The reality is that men as farmers compete in competitions, wins luxury vehicles and invited to international agricultural trade and study tours, but never such an opportunity for women in agriculture.

Agri X en CRA MEDIA - Farmingportal.co.za Agrinewsnet.co.za will with this competition give these women the platform they deserve to enter a competition for Women`s Insight with the finalé gala event on 24 Augustus, during Womens`month at a venue in Pretoria.

The impact of policy matters on your individual farming operation and in your immediate rural community Do you have a voice? Would you like to be heard? Do you wish to share your insights in how decisions on agricultural policy matters are affecting your daily lives on the farm? Now is the time to be part of the discussion! The Women’s Insight Deliberation Competition provides the perfect opportunity for women who live on farms or who are involved in a farming business or in the sector to become part of the discussion on how boardroom decisions on policy matters impact on your daily lives. The Women’s Insight Deliberation Competition seeks to encourage well-thought and accurate deliberation of the topic with practical examples. This competition seeks to create a platform where women in agriculture can become part of the agricultural discussion platform and ultimately influence public and industry discussions

We will give you all details after our Press Release Function.