Landbou Nuus opsomming Woensdag  4 Mei 2022- Suid Afrika

Landbou Nuus opsomming Woensdag 4 Mei 2022- Suid Afrika

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Nuusoorsig 

Suid Afrika gaan by die dag agteruit - die edelagbare President voer 'n rykmansbestaan in sy kantore en by sy huis en weet nie wat in sy land op grondvlak aan die gang is nie. Daar is feitlik geen regeringsdepartment wat suksesvol produktief opereer nie. Alles is feitlik tot in die grond bestuur en daagliks vind daar nog korrupsie plaas- Niemand word vervolg nie- al is hulle uitgewys en ons sien daagliks hoe hierdie korrupte mense mekaar uithaal en koelbloedig doodskiet- Dis wat nou al hoe meer gaan gebeur en die waarheid sal al hier meer in die lig kom. 

Sprekers na sprekers by Landbou byeenkomstes se toesprake is nog altyd dieselfde - dit wissel net in tyd- alles wat ons sien het ons reeds voorspel 20 jaar terug, en nou is ons daar en daar is nou niks..,. wat ons sien het ons geweet.- die feit is dat almal moet saam hande vat en  moes alreeds begin optree het. Landbouorganisasies is die spreekbuis van die boere maar nog steeds praat hulle nie almal uit een mond nie.  Ons kan nie toelaat dat ons deur mense geboelie word wat geen waardes het en geen doel in die lewe het nie. Ons landbouers sit met enorme uitdagings wat hulle self moet oplos tenspyte van die feit dat hulle van die grootste bydraers is tot staatsinkomste.  Ons het suksesvolle Farmilieboerderye wat jaar op jaar hulle bydrae lewer to Suid Afrika se voedselproduksie. Ons span was nou by die skou in Bloemfontein en die kwaliteit diere wat deur hierdie  boerdery geteel word is van hoog staande gehalte. 

Ons span beweeg weekliks deur Suid afrika en ons weet presies wat op grondvlak aan die gang is en wat ons sien, is nie wat Suid Afika en sy mense wil sien nie. Ons platteland het vergaan en dit maak nie saak hoe jy daarna kyk nie- dit gaan nie sommer maklik herstel word nie- nie met die tipe mense wat ons mee werk nie- As hulle nie hulle 'n sin kry nie vernietig hulle alles, en steek alles aan die brand... "demanding " is die woord. 

Ons boere in Suid Afrika het baie geduld en werk onder baie moeilike omstandighede. Europa soek boere - boere uit Suid Afrika- wat weet hoe om te werk en om suksesvol voedsel te produseer-  ons gaan van hulle verloor omdat die regering nie die anargie en onstabiliteit kan beheer nie... ons sit met  politieke partye wat daarop uit is om alles te vernietig en af te brand tot op grondvlak  en mense te intimideer en in opstand te bring omdat hulle nog nooit vir iets gewerk het nie.  Hierdie mense is daarop uit om ons boere van hulle plase te dryf en Suid Afrika net soos die res van Afrika in hongersnood te plaas. 

Jonger boere wat tans tussen 30 en 45 jaar oud is, is meer waarskynlike kandidate om binne die volgende tien jaar uit dié bedryf te tree. Só het dr. Kandas Cloete, senior-analis by die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), bevind in haar ondersoek na produsente se planne om die sektor te verlaat. In haar tesis vir ʼn PhD in landbou-ekonomie, wat sy onlangs van die Universiteit Stellenbosch behaal het, het Cloete ook die grootste faktore wat dié besluit beïnvloed nagevors en gekyk wat hierdie uitreeplanne vir plaasuitbreiding en nuwe toetreders beteken. Uit die navorsing blyk dit dat sowat 20% (ʼn vyfde) van die land se produsente beplan om die mark binne die volgende dekade te verlaat. Diegene wat die mark behoort te verlaat weens ouderdom of armoede en dit nié doen nie, blyk egter ʼn groter kwessie te wees. Die navorsing het verder aan die lig gebring dat faktore soos finansiële probleme, ’n gebrek aan betroubare arbeid, onsekerheid aangaande die grondhervormingsbeleid en kommer oor landelike veiligheid die besluit om uit te tree dryf. 

Een uit elke vyf van die produsente wat aan Cloete se studie deelgeneem het, het aangedui dat hulle beplan om binne die volgende tien jaar uit boerdery te tree. Cloete het bevind dat produsente wat tans tussen 30 en 45 jaar oud is, meer waarskynlike kandidate is om uit die boerdery te tree as dié wat tussen 45 en 65 jaar oud is. Sy beskryf die gemiddelde boer wat waarskynlik sal uittree as ’n “derde-generasie, 54-jaar oue individu met 26 jaar ondervinding en ’n kollegediploma of universiteitsgraad”. “Hierdie produsent betaal tipies nog aan langtermynlenings af, terwyl hy ook produksielenings en ander tipes skuldkapitaal gebruik. “Gegewe die finansieel-beperkende posisie waarin hy homself bevind — tesame met ’n gebrek aan sakevertroue — is sy finansiële strategie om sy plaaswerksaamhede in te krimp eerder as uit te brei.

Gevolglik bly dit ’n uitdaging om verskeie lenings te bestuur terwyl hy ook vir aftrede moet beplan.” Ander beslissende faktore sluit in aftrede sonder opvolging, finansiële probleme, ’n gebrek aan betroubare arbeid, onsekerheid aangaande die grondhervormingsbeleid en kommer oor landelike veiligheid. Terwyl geen verband tussen omset en uittreeplanne vasgestel kon word nie, sou ’n groter omset (van meer as R10 miljoen per jaar) beslis ’n rol kon speel in die besluit om aan te bly. Cloete sê produsente se besluite om aan te hou boer word ook deur sakevertroue en produksielenings beïnvloed. Daarom meen Cloete die verlies van 20% van Suid-Afrikaanse produsente is dalk nie die grootste kwessie nie, maar eerder die feit dat diegene wat behoort uit te tree, dit nie kan of wil doen nie.

Die wereld is elke dag aan die verander en daarom kom daar daagliks nuwe ontwikkelings na vore- so ook in die landbou- en daarom weet ons dat daar binnekort baie minder mense in landbou gaan werk soos wat boere meganiseer en ontslae raak van werkers wat gedurig wil staak en geintimideer word deur politieke opstokers en ander faktore.  Volgens die jongste syfers van die departement van arbeid behoort slegs 23% van werkers in Suid-Afrika tot ’n vakbond. Dié syfer se afwaartse neiging is in pas met die internasionale tendens van die afgelope twee dekades. In Suid-Afrika is skerp dalings in die lidmaatskap van vakbonde oor die afgelope twee jaar vererger deur die ekonomiese uitwerking van die pandemie. Dit is boonop weens die Covid-19-regulasies nie vir vakbonde moontlik om hul lede vir massavergaderings byeen te roep en te organiseer nie. Vakbonde se besoeke aan hul lede word ook toenemend deur werkgewers tot tee- en etenstye beperk om te verhinder dat dit produktiwiteit belemmer.

Die gevolg is dat vakbonde by die veranderende klimaat moes aanpas om op ander maniere met hul lede te kommunikeer – soos op sosiale media. In Suid-Afrika kon die erkende vakverbonde en weinig van die vakbonde wat by hulle geaffilieer is, dié oorbrugging suksesvol hanteer.  Dr. Roelof Botha, ekonoom van die Optimum-beleggingsgroep, sê daar is onteenseglike bewyse dat die meeste werknemers wat staak, agterna slegter daaraan toe is weens die toepassing van ’n beleid van geen werk, geen betaling.

Nampo is om die draai en baie mense sien uit daarna om die jaarlikse geleentheid te besoek- Sterkte met al die relings en ons glo dit gaan 'n sukses wees. Dalk is al die reels en regulasies nie meer van toepassing by daardie tyd nie.

Nuusredakteur.

BP teken 'n R323,41 miljard verlies aan weens sy onttrekking uit die Russiese mark BP, die Britse oliereus, het 'n verlies van $20,4 miljard, oftewel R323,41 miljard, vir die eerste kwartaal van die jaar aangeteken, as gevolg van sy uittrede uit die Russiese mark.

Damme in die suide van Namibië is steeds propvol met die Nautedam wat 101 persent vol en die Neckartaldam 99,5 persent vol is. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is 1,894 miljoen kubieke meter water uit die Hardapdam vrygestel wat nou 69,8 persent vol is.

Die saaiboere van die Vrystaat het groot verliese gely met die waar reen en oorstromings gedurende die afgelope somer seisoen. Die aanplanintings van moelies en sonneblom het in die proses so agteruit gegaan dat geen oes moontlik sou wees nie. Dit het landbouers ekonomies geknel, en tog het die boere nie teruggedeins nie

Suid Afrika se inwoners het genoeg gehad van die ANc regering se magsbeheptheid oor Covid 19- Daar is absoluut geen rede hoekom die Covid 19 regulasies nie volkome en vir altyd afgeskaf kan word nie. Niemand weet meer wat is van krag en wat nie- Dis eintlik 'n baie groot grap en dis duidelik dat mense hiermee die intellegensie vlak van die regering duidelik kan sien.

Wêreldwye mielie-opbrengste kan in die volgende agt jaar met byna 25 persent daal, aangesien die klimaatkrisis tradisionele weerpatrone omver gooi. Stygende temperature en verskuiwings in reënval sal dit moeiliker maak om mielies te verbou. Volgens Ian Collard, hoof van die NMI-groep sal mielies nie die ergste geraak word nie. Hy meen dis eerder koring… .......

  Landbou Nuus opsomming Woensdag 27 April 2022-

Satelliete het metaangas vrystellings van koeie wat winde opbring by ‘n voerkraal in Kalifornië opgetel. Dit is die eerste keer dat winde van koeie, ‘n belangrike komponent van landboumetaan, vanuit die ruimte gemeet kan word. Die omgewingsdatafirma GHGSat het vandeesmaand data van sy satelliete ontleed en die metaanbron geïdentifiseer.

Kenners waarsku dat Suid-Afrika se bevolking die afgelope vyf jaar teen ‘n vinniger pas versnel het as wat die ekonomie gegroei het. Die statistikus-generaal, Risenga Maluleke sê in reële terme is die ekonomie tans op dieselfde vlak as in 2017. Dié waarskuwing volg te midde van die vierde sensusopname – sedert 1994 – wat vannag begin en duur tot 28 Februarie.

'n Nuwe studie op sebravisse deur navorsers van die Universiteit Stellenbosch het bevestig dat die verbruik van rooibostee – en spesifiek ongefermenteerde groen rooibostee – moontlik kan help om angs te verlig.

Die seisoensaangepaste Absa Bestuurdersaankope-indeks, wat bedrywighede meet in die vervaardigingsektor, het in April teruggesak tot sy laagste vlak sedert Julie verlede jaar, toe onrus in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het. Volgens die jongste syfers het die indeks verswak tot 50-komma-7-punte, teenoor 60-indekspunte in Maart.

Belanghebbendes in die rooivleisbedryf het tot en met 6 Mei die geleentheid om kommentaar te lewer op voorstelle vir 'n nuwe statutêre heffing vir die bedryf.Hierdie heffing sal in die plek wees van die huidige statutêre maatreëls wat op 4 November verstryk.

Al huisves grond ’n noemenswaardige deel van die aarde se biodiversiteit, is dit meestal moeilik om dit te verstaan en tot voordeel van ekostelsels en landbouproduktiwiteit te bestuur. Gelukkig het wetenskaplikes die afgelope 20 jaar groot vordering gemaak om kennis oor dié ondergrondse wêreld uit te brei.

Dis alweer jagseisoen in Suid Afrika en die jong begeesterde voornemende jagters pluk hulle kredietkaarte baie vinnig uit om by die duur jagwinkel net die beste "gadgets" en jagklere aan te koop. Almal wat saamgaan moet reg aangetrek wees vir die groot geleentheid. Die gewere kos duisende rande en geen bok het 'n kans om weg te kom met al die elektronika nie.

Die Landbou Sakekamer van Suid-Afrika sê die prys van kookolie sal vir nog ‘n geruime tyd hoog bly. Indonesië is die jongste land wat die uitvoer van palmolie verbied het. Die uitvoerverbod val saam met die uitvoerprobleme in die Swartsee-gebied, wat sowat twee-derdes van die wêreld se sonneblomolie verskaf.

Dit is maar net 'n paar nuusbrokkies- lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za

Dit gebeur nou as jy jouself laf en sterk hou

Neem kennis- n wees wakker