Geskatte mielie-oes 12% kleiner as die 2018-oes- Suid Afrika


Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,301 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,79 t/ha is. Die geskatte mielie-oes is 12% kleiner as die 2018-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, naamlik die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 80% van die 2019-oes produseer.

Die oppervlak onder witmielies is 1,298 miljoen ha en vir geelmielies is die oppervlak 1,002 miljoen ha. Die produksieskatting van witmielies is onveranderd gelaat op 5,572 miljoen ton. Die opbrengs van witmielies is 4,29 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 5,444 miljoen ton, wat 0,70% of 37 800 ton meer is as die 5,407 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 5,43 t/ha.

Sonneblomsaad:

Die produksieskatting vir sonneblomsaad het toegeneem met 3,86% of 25 300 ton na 680 940 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 515 350 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,32 t/ha is.

Ander gewasse:

Die produksieskatting van sojabone is onveranderd gelaat op 1,170 miljoen ton. Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 730 500 ha en die verwagte opbrengs is 1,60 t/ha.

Die verwagte grondbone-oes is ook onveranderd gelaat op 18 880 ton, met 'n verwagte opbrengs van0,94 t/ha. Die oppervlakteskatting vir grondbone is 20 050 ha.

Die produksieskatting van sorghum het afgeneem met 4,32% of 6 650 ton, van 153 950 ton tot 147 300 ton. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 50 500 ha, en die verwagte opbrengs is 2,92 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting onveranderd gelaat op 66 355 ton. Die oppervlaktebeplant met droëbone is 59 300 ha, en die verwagte opbrengs is 1,12 t/ha.

Nie-kommersiële sektor

Die oppervlakte beplant met mielies in die nie-kommersiële landbou-sektor word geskat op 296 000 ha, wat 'n afname van 5,98 % verteenwoordig in vergelyking met die 314 835 ha van die vorige seisoen. Die verwagte mielie-oes van dié sektor is 549 180 ton, wat 7,54% minder is as die 593 975 ton van die vorige seisoen. Dit is belangrik om daarop te let dat ongeveer 43% van die mielies wat geproduseer word in die nie-kommersiële sektor, in die Oos-Kaap geplant word, gevolg deur KwaZulu-Natal met 27%.

Wintergewasse - 2019 produksie-seisoen

Koring:

Die verwagte produksie vir koring is 1,916 miljoen ton, wat 2,55% of 47 650 ton meer is as die vorige seisoen se oes van 1,868 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,57 t/ha is.

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 861 250 ton (45%), wat 29 250 ton minder is as die 890 500 ton geproduseer in die vorige seisoen. In die Vrystaat is die verwagte produksie 462 500 ton (24%), wat 77 500 ton meer is as die vorige seisoen se oes van 385 000 ton. In die Noord-Kaap is die beraamde produksie 281 250 ton (15%) - 13 250 ton minder as die 294 500 ton geproduseer in die vorige seisoen.

Die oppervlakteskatting vir koring is hersien na 537 000 ha, wat 50 ha hoër is as die 536 950 ha teenoor die vorige skatting. Die beraamde oppervlakte geplant in die Wes-Kaap is 325 000 ha of 61 %, die Vrystaat is 125 000 ha of 23 % en 37 500 ha of 7 % is in die Noord-Kaap.

Ander gewasse:

Die produksieskatting vir moutgars is 401 460 ton, wat 4,75% of 20 040 ton minder is as die vorige seisoen se oes van 421 500 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 131 960 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,04 t/ha beloop.

Die verwagte kanola-oes is 103 600 ton, wat 0,86% of 900 ton minder is as die vorige seisoen se oes van 104 500 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 74 000 ha, met 'n verwagte opbrengs van 1,40 t/ha.

Die hersiene oppervlakteskatting vir hawer (ontbytgraan) vir die 2019- seisoen is 25 000 ha en die verwagte oes is 40 000 ton. Die verwagte opbrengs is 1,60 t/ha.

Reeds gesplaas in Engels 2 dae gelede