Rosch

ADVERTORIAL

OLD MUTUAL

FAMILY BUSINESS

Klimaatsverandering en die landbou: Organiese koolstof - Suid Afrika

Ander instansies meen egter dat daar selfs nog minder tyd oor is. Internasionale inisiatiewe, soos die Kyoto-protokol, Parys-ooreenkoms en '4 per 1 000-inisiatief' poog om lande daartoe te verbind om kweekhuisgasse te monitor; maar ook maniere voor te stel om huidige vrystellings te verminder, of metodes te ontwikkel om daarby aan te pas (soos kultivars wat droogte- en hittebestand is). Suid-Afrika het onderneem om deel te neem aan hierdie inisiatiewe deur kweekhuisgasvrystellings te monitor en bekend te maak. Hierdie proses vind aan die hand van ekonomiese sektore plaas, soos energie-, vervoer-, industrie- of landbousektore.

Landbou is veral 'n interessante sektor wat die kwessie van kweekhuisgasse betref. Landbou is uiteraard absoluut noodsaaklik en die sektor se bydrae tot sosiale en politieke stabiliteit in 'n land kan ook nie ontken word nie. Maar landbouaktiwiteite het heelwat impakte: Natuurlike veld word omgeskakel in landerye, waterbronne en lugkwaliteit word beïnvloed en kweekhuisgasse word vrygestel. Aan die een kant het die landbousektor 'n negatiewe omgewingsimpak, maar terselfdertyd het dit 'n geweldige potensiaal om kweekhuisgasse te verminder.

In Suid-Afrika is landbou se bydrae tot die land se totale vrystelling van kweekhuisgasse ongeveer 10 - 12%. Grond is, naas die oseaan, die grootste 'koolstofstoor'. Daar is meer koolstof in die wêreld se grond as in die totale biomassa van plante en diere en al die koolstof in die lug gesamentlik.

Plante wat groei onttrek koolstofdioksied uit die lug deur die proses van fotosintese. Plantmateriaal in die grond ontbind weer met behulp van mikroörganismes; een van die neweprodukte van beide hierdie prosesse is koolstofdioksied. As die organiese materiaal egter beskerm en in die grond geberg word, is dit 'n baie effektiewe manier om koolstof uit die lug te verwyder. Dit het die bykomende voordeel dat organiese materiaal ook geassosieer word met gesonde grond: sulke grond het 'n hoë voedingstatus, beter waterhouvermoë, verbeterde struktuur en infiltrasiepotensiaal en 'n groter hoeveelheid voordelige mikrobes.

Bewaringslandbou is byvoorbeeld gebaseer op drie beginsels: verminderde bewerking, permanente oppervlakbedekking en diversifisering van gewasse. Organiese materiaal word opgebou met behulp van tussenry-gewasse, dekgewasse, of rotasiegewasse. Hierdie ekstra organiese materiaal word beskerm deur verminderde bewerking en word as 'n deklaag op die oppervlak gelos, waar dit verdamping uit die grond verminder, meer bevorderlike grondtemperature skep en grondbiota onderhou.

Bewaringsboerdery kan beskou word as 'n groep tegnologieë waaruit boere kan kies wat die beste in hulle omgewing sal werk. 'n Verskeidenheid bewerkingsmetodes, soos geenbewerking, verminderde bewerking, of rip-op-die-ry, kan die voorkeur bewerkingsmetode wees, afhangende van die grondtipe.

Lees die volle artikel op die sleutel wat bo aangedui word.


ADVERTORIAL

OLD MUTUAL

CORONA VIRUS

Farming Diary

May
12

05.12.2020 - 05.15.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

Marketing Video