Suid Afrika Landbou in die jaar 2024

Suid Afrika Landbou in die jaar 2024

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Dit is amptelik die jaar 2024- 'n Nuwe jaar wat voor die wereld le. Jy is deel van hierdie jaar- met 365  dae van geleenthede om aan te gryp.

Ons span hier by die CRA GROUP wens jou net die beste toe vir hierdie jaar.

Ons het almal seker Nuwe Jaar op verskeie maniere gevier - Sekerlik 'n glasie geklink-  gekuier saam met vriende of die soos gewoonlik maar in die bed geklim.

As ek terugkyk oor die jaar 2023 was Landbou besonder geseen en het al die pad bo uitgekom. 

Suid Afrika se kommersieele landbouers het weereens bewys dat hulle van die beste in wereld is. 

Ons nuuskantoor ontvang daagliks nuus van oral oor- direk uit die boer se mond en ons span het in die jare duisende kilometers gereis om op persoonlike vlak by ons boere, hulle gesinne en werkers uit te kom. 

Ons het 'n goeie idee van hoe Suid Afrika lyk- die grootste deel van Suid Afrika is groen, nat en die oeste op die land lyk belowend na dit besonder baie gereen het in November en Desember op baie plekke in die land. As dit so aanhou gaan Suid Afrika se boere weereens 'n rekord oes oplewer. Dis was 'n nat Kersfees en dis 'n nat Nuwe Jaar- dit is een van die grootste geskenke wat enige boer kan kry.  En in nederigheid staan elke boer, sy gesin en werkers dankbaar teenoor ons Skepper. 

Maar daar is plekke in veral die Noord Weste en dele van Namibia waar dit baie droog is. Van die plekke het so bietjie reen gehad en ander het baie reen gehad. 

Ons platteland se infrastruktuur is tot niet-  tot in die grond in bestuur deur die regering van die dag.  Instandhouding en onderhoud is nie deel van die regering se prioriteits lys nie. Daar is baie min gedoen in die jaar aan enige opbou en vernuwing.

 Moenie onverantwoordelik wees met jou gesondheid nie- Boodskap

Alles wat gewerk het in 1994 en wat instant gehou is, werk baie min van in 2024-  30 jaar later sien mens 'n vervalle Suid Afrika.  En ons grootste wens vir die jaar moet wees dat ons van die regering ontslae raak en die mag van hulle ontneem. 

 Die belastingbetalers het geen ander opsie as om hulle eie dorpe se bestuur oor te neem en hulle eie hardverdiende geld te gebruik om hulle eie dorpe weer op te bou. Ek het nie nodig op hierdie vervalle munsipaliteite en korrupte amptenare se doen en late te beskryf nie, want ons sien dit elke dag dwarsdeur die land. Dis duidelik dat Suid Afrika baie vinniger sy 3 de wereld status gekry as wat verwag is. As jy geweet het hoe Suid Afrika gelyk is 30 jaar terug sal jy nie weet hoekom alles so veravlle is nie- Ons kinders word groot in die land en dink dit het maar so gelyk. 

Ons riviere  en damme is besoedel- water wat die bron van lewe is, vir alle mense is lankal al 'n gevaar. In die stede bly mense in plakkerskampe langs riviere en spruite, hulle drink daar water, was hulle wasgoed doen hulle besigheid in die bos, terwyl die res van die stad se ontlasting en vuilwater by hulle verbyvloei. 

Die paaie is onrybaar en verlate trein stasies is geplunder en gestroop.  Die wereld is besaai met plastiek, papier en vuil affal. Geen wet en orde nie- almal maak net soos hulle wil en se net wat hulle wil. Sekere mense het geen respek vir hulle medemens nie om nie eens te praat van maniere en gewoontes nie. 

Dinge gebeur te stadig, ons President luister te veel na sy informante, staan te veel bakhand en is nie op grondvlak by al die mense van Suid Afrika betrokke nie. Niks gaan gebeur deur beloftes en praaitjies nie. Daar is ook te veel vakbonde wat die regering wil beheer. Rasisime is op sy ergste sedert 1994- dis omdat die regering dit toelaat. Ons mense wil in vrede en liefde met mekaar saamleef.  Die oorgrote meerderheid van die mense wat opgevoed en geleerd is wil saamwerk en bou.

Ons sien alles duidelik in staatsondernemings wat tot in die grond bestuur is.. Dis net geld, salarisse, huise, motors en duur oorsese vakansies en 'n baie groot posbeskrywing- en moenie die styl vergeet nie.

Staatsamptenare en hulle gesinne hou jaarliks in Desember vakansie in die Alpe en probeer ski of hang in Dubai rond in duur hotelle met die belastingbetaler se geld  - hulle hou duur partytjies in swembaddens of langs riviere. Die mense word te veel betaal- waar het jy gesien dat 'n staatswerker 'n miljoener is. 

Verseker het hulle geen respek vir die mense wat hulle salarisse betaal deur hard te werk nie. Dit is duidelik dat 'n groep verantwoordelik is vir die sabotasie van vele staatsbeheerde maatskappye asook ander privaat instansies. Korrupsie vind nog daagliks plaas en die regering het nog baie min vervolg wat die staatskas leeg gesteel het.  Ons betaal vandag die prys daarvoor.

 Dis Kersfees 2023 - Suid Afrika

Die ANC-regering is terselfdertyd besig om volstoom voort te gaan om kommersiële boere se grond sonder vergoeding te onteien, terwyl hy duisende klein bestaansboere, wat slegs ‘n baie geringe bydrae tot voedselsekerheid kan lewer, in armoede sal dompel wat permanent finansieel van die regering afhanklik sal raak!! Ons het reeds baie suksesvolle swart kommersieele boere.

Die land se hawens en spoorwee is tot in die grond bestuur- geen onderhoud gedoen nie- en die amptenare is nie geskik om die staatsondernemings te bestuur nie. Ons landbouers lei enorme skade met in en uitvoer- Honderde skepe le voor die hawens en wag om in te gaan.  Die regering het vele beloftes om dit reg te maak- die parlementsgebou staan nou al twee jaar leeg na die brand.  

Ten spyte van al hierdie probleme moet ons landbouers kos produseer. Die landbouwêreld is aan die verander en vinnig ook – gelukkig hou boere by omdat hulle altyd mededingend moet bly. Sonder water en sonder reen kan die beste landbou metodes nie toegepas word nie. 

Die pad waarop voedselproduksie tans is, is nie volhoubaar nie.  Ons weet dat klimaatsverandering ’n baie groot rol hierin speel, maar hoe gemaak op die pad vorentoe met al hierdie onsekerhede.  Onder meer is daar ’n gebrek aan skakeling tussen die produsent en die verbruiker.

Intussen bestaan daar nog baie onsekerheid oor of die huidige El Niño-stelsel wel ’n spits bereik het of nie. Sommige indekse en see-oppervlaktemperature toon ’n afnemende neiging, maar dit kan net tydelik wees. Belangrik is dat die Suidelike Ossilasie Indeks, wat ’n gevoelige indeks vir veranderings in die ENSO-verskynsel is, konstant besig is om weg te beweeg vanaf sterk El Niño-vlakke vanaf middel November.

Slegs 20% van die boerderye produseer meer as 80% van die voedsel op formele markte, terwyl 70% van die huishoudings hul voedsel op informele markte aankoop.

Die Bankvereniging van Suid-Afrika se Junie-syfers oor landbouskuld van primêre produsente by die vier grootste handelsbanke in Suid-Afrika – Absa, Nedbank, Standard Bank en FirstRand – toon die totale skuld aan die banke is net minder as R163 miljard. Dit was einde Junie 2022 R147,27 miljard en einde Desember sowat R150,44 miljard. Primêre landbouskuld verwys na die skuld van alle boere en produsente wat landboukommoditeite produseer, en sluit onder meer ook melkboere, varkboerderye en produsente van braaihoenders in. 

Ons het in die jaar van ons beste landbouers verloor in plaasmoorde en uit hierdie gebeure het baie insedente plaasgevind. Ons boere word besteel, beroof, gemartel, vermoor en nog steeds se die edelagbare President nie veel hieroor nie-  Voor jy nie iemand na aan jou verloor het of so toneel besoek het nie- sal jy nie weet wat dit regtig is nie. Dis absoluut in baie gevalle gemik op haat. 

Die wereld is besig om kennis te neem van die situasie in Suid Afrika en gaan binnekort begin om hierdie probleme van moord, doodslag, en anargie op regeringsvlak aan te spreek- Die regering kom nie sy plig na nie, en die wereld gaan nie toekyk hoe landburgers links en regs vermoor en besteel word nie. Die regering van Suid Afrika het net nie die vermoee om die land suksesvol te bestuur, wet en orde toe te pas en welvaart te skep nie. 

Ons het van die beste landbouers in wereld. Uit niks kan hulle welvaart skep, bou en suksesvol anderkant uitkom.  Tenspyte van soveel terugslae staan ons landbouers nog steeds vas en het hulle deur die jare dit bewys. Saam met landbouorganisasies en maatskappye het hulle miljoene spandeer aan die opheffing van hulle eie werkerskorps, en daarmee saam duisende kleinboere en beginnerboere suksesvol gevestig. Dit sit nie in enige man, vrou, kinders en werknemers se broek om suksesvol te boer nie- dis harde werk  vertroue en deursettingvermoee- Ons sien daagliks hoe suksesvol ons mede swart boere reeds is in hulle boerdery.

As ons praat van boere dan praat ons van alle boere in Suid Afrika- klein of groot- swart of wit- ons het een gemeenskaplike belang en dit  is om kos te produseer en mense van werk te voorsien en in liefde en vrede saam te leef in respek vir mekaar. 

Dis tyd dat ons ouer garde landbouers hulle jarelange wysheid, kennis en ondervinding van Suid Afrika deel met ons jong boere en voornemende boere en hulle gesinne- vir hulle vertel van die verlede van die land- ons jongboere is geesdriftig en frustreerd en van hulle wil met alle mag en geweld oorgaan tot geweld. Daar is ongelukkig nie 'n wenner wanneer dit gebeur nie- net 'n verloorder en gebroke huigesinne en afgebrande huise en geboue en dit gaan nooit ooit verbygaan nie. Ons moet sterk staan, want ons kan- ons is bouers en nie afbrekers nie.

Geen jongmens  behoort in die fleur van sy lewe te sterf nie. Veral nie iemand wat hardwerkend is, en 'n bydra gelewer het tot die opbou van landbou en die gemeenskap nie, en ook nie so gewelddadig nie. Wanneer ons dit sonder protes kan aanvaar, is wanneer ons as samelewing ernstig onsself moet ondersoek. 

Dat ons landbouers nader aanmekaar beweeg het, en mekaar meer ondersteun sien ons oral. Landbou is besig om homself van binne baie sterk te maak en daarmee saam hulle stempel af te druk op 'n regering wat nog steeds nie veel omgee vir landbou en sy mense nie.  Daar word baie beloftes gemaak by die onderhandelingstafel, maar as dit kom by die uitvoering daarvan, dan val alles plat.  Landbou is in die visier van die regering en daarom moet ons landbouers hulleself beskerm bloot omdat die regering sy ras beleid wil toepas in landbou - met onder andere waterlisensies en die uitvoer van landbouprodukte.  Famlie boerdery moet saam staan en hulleself beskerm teen die aanslae- Die gaan hier nie oor ras nie- maar oor familie en bloed.

Dit is uiters belangrik dat meer Landbou ekonome uit die bestaande Landbou organisasies na vore tree en meer deelneem en inligting deurgee aan die media- Ons sien te min van ons landbou organisasies se ekonome wat in werklikheid die ware landbouers van Suid Afrika verteenwoordig. Daar moet meer opinies gelig word en daar moet meer van die Ekonome beskikbaar wees op gereelde grondslag. Die algemene media in Suid Afrika wat nie veel weet van Landbou nie- moet 'n wye toegang he tot inligting van verskeie oorde. Landbou moet sy onafhanklikheid behou. Niemand kan eintlik namens onafhanklike familieboerderye praat nie-  hierdie boerderye het hulle welvaart geskep deur die jare en het in baie gevalle geen media blootstelling nodig nie. Dis die Familieboerderye se eie keuse om aan 'n organisasie  wat reeds bestaan te behoort.

Suid Afrika het nuwe leiers nodig- leiers met 'n skoon rekord en wat gerespekteer word deur elke Suid Afrikaner. Leiers met waardes wat hierdie land kan omdraai. Dit het dalk tyd geword dat Landbou in Suid Afrika sterker na vore tree en saamstaan om die land en sy mense te vereenig met ware leierskap en kennis en die vermoee om welvaart te skep. Voedsel is die voortbestaan van elke land en sy mense en geen land kan daarsonder lewe nie. Ons het van die mees suksesvolle landbou maatskappye wat al vir jare besigheid doen met ons landbouers en saam kan ons hierdie land weer op die pad van sukses plaas. 

En bo alles- Glo ons dat daar op die einde van die stukkie geskiedenis 'n oplossing sal wees- en dat landbou soos altyd gesond en sterk anderkant  sal uitkom deur genade en geloof. 

Mag 2024 die groot draaipunt wees in die geskiedenis van Suid Afrika  Mag ons die regering van die dag uit die kussings lig en begin bou aan ons land en vir mense weer werk en hoop gee. 

Suid Afrika kan omgedraai word- ons kan almal hier bly en saam werk en leef-  Waar daar lewe is, is daar hoop- Suid Afrika het ons aandag nodig- dis in ons hande om hierdie land om te draai.

Suid Afrika se landbouers bly WELVAARTSKEPPERS en BOUERS en moenie julle geloof, integriteit, selfrespek en standvastigheid verloor nie. Plant in goeie grond - want net wat jy plant- oes jy. 

Wees wakker- Dis nou tyd om jouself te beskerm en staande te bly en te oorleef.  Bly onder die radar en moenie jouself te veel blootstel op sosiale media en Televisie nie- Beskerm jou huisgesin- jou werkers.. jou eiendom-  jou medeboere -wees deel van die veiligheidstelsel en staan vas in jou geloof-

Net die beste word jou toegewens  vir 2024- dankie dat jy deel is van ons media. AGRI NEWS NET en Farmingportal.co.za  - In 2024 gaan ook 'n nuwe era wees vir die CRA GROUP -  Ons het baie nuwe dinge wat gaan gebeur- en dankie dat jy deel daarvan kan wees.

Johann Pretorius 

 CRA GROUP  Pretoria