OPTIMUM PRODUKSIE EN MAKSIMUM WINS

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die beginsel van “optimum produksie en maksimum wins” is baie oud dit is die belangrikste beginsel in die landbou omdat al die verskillende vakdissiplines daarby betrokke is. Spesifiek omdat dit die winsgewendheid van boerdery-ondernemings bepaal waarsonder finansiële oorlewing nie moontlik is nie.

Die verhoging van die gesamentlike winsgewendheid van al die besigheidsondernemings in al die individuele bedrywe in die primêre, sekondêre en tersiêre sektore van die ekonomie is die enigste manier hoe ekonomiese groei geskep kan word. Die winsmotief is die hoofdrywer van ekonomiese groei in ‘n kapitalistiese ekonomiese stelsel wat op die privaatbesit van al die produksiefaktore soos, grond en grondstowwe, kapitaal, arbeid en bestuur baseer is en waarvan die pryse, aanwending en mobiliteit in beginsel deur die markkragte van vraag en aanbod bepaal word.

Lees die volledige dokument in PDF formaat- Laai die dokument af op die skakel soos heelbo aangedui.