Dis nou tyd om jou waardes te behou, vas te byt, vas te staan en deur te druk- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Daagliks sien elke inwoner van Suid Afrika, wat nog in waardestelsels glo en dit toepas in hy/sy lewe, hoe dit verbrokkel in Suid Afrika en verder aangejaag word deur sekere sogenaamde gewilde, Radio.Televisie en ander media kanale en die sosiale media wat alles in hulle vermoee doen om "banaal" anders te wees en totaal en al wegbreek van tradisionele  gesonde menslike waardes.

Uitsprake deur sogenaamde politieke leiers en wetenskaplikes laat jou partymaal wonder of jy werklik hoor en sien wat jy voor jou gebeur. 

Ek onthou hoe die woord "banaal" ,30 tot veertig jaar terug ook gebruik is, vir iets wat bokant jou denke was en wat totaal en al ingedruis teen jou waardes asook die waardes van die samelewing waarin jy gewoon het. Vandag is daar nog nie 'n Afrikaanse woord wat die denke van die hierdie sogenaamde  mense regverdig nie. Daardie dae was 'n "vullletjie" teenoor dit wat ons vandag beleef.

Daar is baie min Televisie kanale wat nog suiwer en skoon is van krutaal, dood, bloed verwoesting en stories wat jou hare op jou lyf doodstil regop sal laat staan. Dit voel vir my partykeer of ek moeder aarde verlaat het en op 'n ander planeet leef as ek sien wat se snert opgedis word op Televisie kanale, Radio en sosiale media. Maar ons mense betaal nog steeds daarvoor en bly nog steeds luister en is byna 12 ure van die dag op hulle slimfone en geniet die leefwyse en snert van sosiale media en sy wonderlike lewe. 

Om net na die regering van Suid Afrika se uitsprake en aksies te luister en te hoor en sien hoe hulle in absolute onkunde en arrogansie 'n land en sy mense probeer beheer en totaal en al daarin faal is reeds rede tot aksie.

Korrupsie is al lankal deel van Suid Afrika en sal nog land deel wees solank die land bestuur en beheer word deur die ANC en sy meelopers- Daagliks vind daar korrupsie plaas ten spyte van al die ondersoeke. Alles wat in donker onreelmatig gebeur sal eendag in die lig kom. Hierdie gaan 'n lang proses wees. Dit gaan nie help om net die top struktuur te vervang nie- die korrupsie le baie diep en moet met wortel en tak uitgeroei word tot op die laagste vlak. 

In 27 jaar het die regering nog baie min onderhoud gedoen en nog baie min suksesvolle projekte afeghandel waarby nie korrupsie of een of ander skandaal betrokke was nie.  Nog steeds bly die regering en sy meelopers vashou van sy bemagtigings beleid watin meeste gevalle maatskappye verswak het en gesorg het dat hoogs bekwame en geleerde mense ons land verlaat het. Daar is baie meer suksesvolle verhale van swart opkomende maatskappye en boere wat op eie stoom sukses behaal het sonder die inmenging van die regering en wat op baie gebiede reeds deel is van die groter samelewing van sakemanne en vroue wat eerlik en opreg besigheid doen en werk verskaf.

Suid Afrika se landbou is nog een van die weinige sektore waar daar nog gesonde waardestelsels en beginsels in plek is. Meeste van ons landbouers staan vas by hulle waardes en daarmee saam ook dit wat hulle nog al die jare in glo. Hulle word elke dag geteister deur faktore wat meestal deel is van die regering se plan om ons landbouers onder druk en te  beroof van eiendomsreg en ander voordele.

Jy kan 'n regte boerseun en dogter wat met 'n Pa en Ma in gesinsverband en waardes grootgeword het op 'n afstand sien. Ja... hulle word ook geteister en getoets deur die banale gewoontes en leefwyse van die moderne samelewing maar hulle het daardie selfrespek en menslike waarde nog behou. Hulle het ook maar hulle jong verwaande streke en arrogansie van tyd tot tyd, maar meeste van hulle is standvastig plat met hulle voete op die aarde en hulle gaan nie toelaat dat hulle drome van hulle weggeneem word deur mense met geen waarde en self respek nie.

Hulle word in ander tye groot en verstaan wat dit is om saam te werk op alle terreine sonder om die verlede die skuld te gee en wil Suid Afrika 'n beter plek maak vir almal om in vrede saam te woon en werk. Die regering weier om mense wat suksesvol geleerd is met die nodige kennis en wysheid te gebruik om Suid Afrika se probleme op te los

Die omstandighede in Suid-Afrika het sedert 1994 drasties verander en feitlik alle sektore moes aanpas by nuwe spelreëls. Die landbou kom uit ’n era waar die vorige regering die waarde van produserende kommersiële boere begryp het. Die regering het toegesien dat die noodsaaklike dienste wat bydra dat landbou optimaal produseer, ondersteuning bied. Maar hierdie ondersteuning het verdwyn, inteendeel, dit het in vele opsigte selfs ’n bedreiging geword. Vandag moet ’n landbouer nie net omsien na die normale aspekte van die produksieproses nie, maar ook na verskeie ander aspekte wat sy aandag vereis-

Dis belangrik dat ons boere selfvoorsienend raak as dit kom by finansiering en nie meer in oe van banke en finansierings maatskappye kyk nie. 

Buiten die ongekende aantal aanvalle wat soos ’n swaard oor elke plaasboer, -gesin en -werker se kop hang, word plaasprodukte voortdurend geplunder. Die beskerming wat die regering volgens die Grondwet moet bied, is grootliks afwesig. Die swaardmag van die staat – die SAPD – is in sommige gevalle deel van die probleem en dra nie by tot ’n misdaadvrye omgewing waarin voedsel geproduseer kan word nie.

LEES MEER- Suid Afrikaanse landbouers moet bouers en Welvaartskeppers bly.

Verder word polisiebrutaliteit gereeld aangeteken. Boere word daarom kollektief gedwing om na hul eie veiligheid om te sien.  Die ideologie wat die ANC aanhang en met wetgewing probeer afdwing, het wêreldwyd nog net armoede veroorsaak. Vele van die bykomende probleme waarmee landbouers te doen kry, is die simptome van dit wat die ANC probeer forseer.

Die proses waarmee die ANC die Nasionaal Demokratiese Revolusie  probeer implementeer, is omvangryk en bring verskillende dimensies na vore. Baie mense glo dat die sogenaamde transformasieproses die regte ding is om te doen, maar dis waarskynlik eerder ’n misplaaste skuldgevoel. Die transformasie wat die ANC implementeer – en wat uit verskeie oorde van stapel gestuur word – handel nie oor regverdigheid of billikheid nie.

Ons landbouers en organisasies het jare terug al uit hulle eie sak begin om sogenaamde beginner boere te help vestig, van die boere is vandag groot kommersiele boere, wat suksesvol boer omdat hulle nie deel is van die regering en sy beloftes nie.  Ons het uitstekende lojale swart landbouers wat vooruit boer en deel is van georganiseerde landbou in Suid Afrika. 

Dit is eerder ’n proses vir die ANC om beheer te neem van die land se bates.  Die gevare van SEB is toe reeds uitgewys en het inderdaad vandag gestalte gekry. Die prys hiervan is te groot vir Suid-Afrika om te absorbeer. Gelyke indiensneming, regstellende aksie en grondhervorming ressorteer ook onder die breër begrip van transformasie. Onder die ANC se bewind is mineraal- en waterregte ontneem en is die uitgangspunt van tenderprosedures die blatante bevoordeling van hulle volgelinge en onderdane. 

Ons kommersieele landbouers sorg ver bo wat die regering verwag , vir hulle werkers en gesinne wat op plase werk en woon. Die regering en sy meelopers wil dit nie raaksien nie en probeer op elke gebied ons landbouers in 'n slegte lig plaas. 

Korrupsie is skaamteloos deel van die ANC se DNS en lei tot die staatskas wat op alle vlakke geplunder word. Ons boere en organisasie kan dit hanteer. Dit is hier waar die krag van georganiseerde landbou inkom. Kollektief word die kapasiteit geskep om die bedreigings eerstens te identiseer en dit dan ook gesamentlik die hoof te bied.

En as enige korrupsie saak aangespreek word of in die lig kom het die betrokke minister altyd die volgede te se "a full investigation will follow and the police will investigate"  en daar is die verantwoordelikheid weg en die "investigation" gaan iewers tussen 'n klomp ander sake le en as daar nie gereeld navraag gedoen word nie- is dit iets van die verlede wat toegesmeer word. 

'n Betoging  deur boere en verskeie organisasies weens die toestand van teer- en grondpaaie in en om Ficksburg in die Vrystaat, het vrugte afgewerp.  Die LUR onderneem het dat slaggate op die R26 onmiddellik herstel moet word en dat die Hammonia-pad dadelik geskraap moet word en as ’n grondpad moet dien. Dis maar een van die vele paaie in die land wat totniet is, en as dit werk dan sal ons boere en ander partye ook dieselfde moet doen, want dit lyk nie of mooi praat met die ANC regering eintlik werk nie of hulle verstaan dalk nie hoe om instandhouding te doen nie. 

Dis lankal tyd vir vasbyt, saamstaan en gereed wees vir dit wat kom. Wees verseker dat Suid Afrika se landbouers gereed is vir dit wat na hulle toe kom, en dat die regering sekerlik ook katvoet loop en op 'n slinkse manier hulle voet in die deur sal wil kry. Moet nooit jou mag en krag weggee nie- Bestuur jou kennis met wysheid en pasop vir die "Hanskakies" wat tussen ons daagliks beweeg, opsoek na iets om ons landbouers in die verkeerde lig te plaas. 

Dit is belangrik dat ’n gemeenskap op ’n georganiseerde basis moet hande vat.  Dit is elke gemeenskap se verantwoordelikheid om self ingevolge die riglyne wat beskikbaar gestel word, handelend op te tree tydens bedreigings soos brande, plaasbesettings of aanvalle.

Dis tyd om hande te vat met Landbou en sy mense en saam hierdie aanslag teen ons af te weer. 

Vir enige gemeenskap is die grondvlakstruktuur die belangrikste element van enige stabiliseringsplan. Media-aankondigings op nasionale vlak sonder enige konsultasie op grondvlak, hou enige gemeenskap kwesbaar. As ’n buurplaas val en byvoorbeeld in ’n plakkerskamp omskep word, versteur dit die stabiele boerdery-omstandighede van al die aangrensende plase. Ons is maar net so sterk soos wat ons in ’n gemeenskapsketting ingebind word. Ons moet saamwerk en konsulteer daar gaan nie 'n ander tyd wees nie. 

Klein dorpies is die enjinkamer van die platteland. Die mees algemene bestemming as ‘n bakkie by die plaashek uitry, is skool toe gaan, koöperasie toe gaan en kerk toe gaan. Dis die knooppunt van gemeenskap wees, van buurmanskap, vriendskap en broederskap. Maar ons dorpies is onder beleg. Sonder nuwe jong gesinne met klein kindertjies is daar nie ‘n toekoms vir die laerskool nie, en trek die gemeente en koöperasie swaar. As ‘n boer na die volgende groter dorp moet ry om koöperasie, kerk of skool toe te gaan, gaan die res van sy besigheid saam. Dan word die plaaslike dorpie n spookdorp. Familieboerderye is die brandstof wat klein dorpies aan die gang hou.

Megaboerderye gebruik selde die plaaslike boekhouer, prokureur of agente vir kunsmis of saad. Hulle besigheid gaan stad toe. 20 kleiner boere wat elkeen 200 ha plant, skep amper twee maal soveel werk as n groot onderneming wat 4 000 ha bewerk. Dit skep en versprei welvaart en anker die plattelandse ekonomie. Dit hou dorpies aan die gang. Dis tyd om ons boere hier by te staan en hulle hande te sterk. 

Ons beskerm en opbou en instand hou wat deur ons almal opgebou is deur die jare. Die regering het sy eie mense in die steek gelaat. Ons kan nog red wat verlore is. 

In meeste gevalle moet ons afdaal na die vlak van sekere lede in die regering om hulle te probeer verstaan, maar dis belangrik dat ons nie daar vasgevang word nie, en dat ons terugkeer na ons vlak van Intelletuele denke en altyd 'n vlak of twee hoer dink en werk om hierdie aanslag teen te werk. Hou aan welvaart skep maar maak seker dat jy dit in goeie vrugbare grond plant tot voordeel van jou eie waardes en nageslag. 

Moenie jou waardes verloor nie- staan vas op dit wat jy glo en met dit wat jy sukses bereik het- wees oop vir nuwe tegnologie, maar moenie deel word van die "banale" samelewing wat alles oorboort wil gooi en en soos jellie visse wil saamdryf na waar die siek stroom van vernietiging  jou vat nie.

Bly gesond, aanvaar verantwoordelikheid vir jou gesondheid en  kyk na jouself,  bly wie jy is -en moet nooit moet opgee nie en bly GLO. 

Johann Pretorius  CRA GROUP Pretoria


Newsletter Subscribe