Landbou Nuus opsomming Woensdag 13 April 2022-

Landbou Nuus opsomming Woensdag 13 April 2022-

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas saam met nog ander artikels. 

Nuuskommentaar.

Die minister van Landbou, Thoko Didiza, sê die verspreiding van die huidige bek-en-klouseer-gevalle in die land het op ‘n veiling begin. Altesaam 56 gevalle van die hoogs aansteeklike vee- en wildsiekte is sover op plase en kommunale grond in die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Limpopo, Noordwes en Gauteng bevestig. Die verspreiding van Limpopo na die ander provinsies het volgens Didiza gevolg nadat besmette vee onwettig uit kwarantyngebiede verskuif is. Didiza sê elke provinsie moet nou toesien dat die besmette diere van kant gemaak word. Dis onaanvaarbaar dat daar altyd eers na die tyd allerhande maatreels in plek gestel word as die huidige maatreels nie eers eerbiedig word nie. Ons landbouers is professionele besigheidsmense wat absoluut kwaliteit boerderye bestuur en opgebou het deur die jare en nou moet hulle deel word van hierdie deurmekaar onverantwoordelike gedrag van mense wat geen benul het van enige reels en regulasies nie. Dit gaan jare neem om hierdie siekte uit te wis en daarby saam gaan landbouers miljoene rande verloor deur bemarking en ander verliese.Die regering praat en beloof baie en reik gedurig persvrystellings uit, maar van sy werksmense op grondvlak kan net nie die pyp rook nie. Daar word nie toegesien dat mense wat niks van die bedryf weet die reels en regulasies nakom nie. Die mense wat die reels oortree moet vervolg word. Daar is net so groot probleem met Perde entstof en dit gaan ons land se perdetelers ook geld kos.

Met Durban se hawe wat toe is en die spoorlyn na Durban wat gesluit is- kom hier baie probleme vir die in en uitvoer van alle produkte- Dit gaan jare neem om hierdie skade aan paaie , brue en infrastruktuur te herstel. As die regering nie in 27 jaar enige iets kon herstel nie, gaan hierdie netso kopseer word vir ons land en sy uit en invoere en veral ons ladnbouers. Durban is die besigste hawe van Suid Afrika.  Daar le honderde Vraghouers rond- party dryf in water en op die hoofwee rond. Skepe is besig om op te bou buite te hawe en met die hawepersoneel wat alreeds nie die mas kan opkom nie, gaan ons regtig mense nodig he met kennis en wysheid om hierdie gemors vinnig  reg te maak. Weereens kom dit terug by onderhoud wat nie gedoen is op aflei waterpype en dreinerings kanale. Wat se tipe mens gaan in die tye so ver om nog by besighede wat reeds skade gelei het, te steel en te vat tot hulle eie voordeel. Dis 'n skande en absolute bloudruk van die tipe mens wat Suid Afrika nie nodig het nie en wat ons samelewing bevuil. 

Ons land se jong mense sien met soveel verwagtinge uit na die toekoms en leer en werk hard om suksesvol te wees. Maar telkens kom daar onvoorspelbare negatiewe elemente op hulle pad. Maar ons moet net glo en vertrou en nooit deel word van die siek negatiewe verwoestende wereld en sy siek blameringsmetaliteit mense nie. 

As die wêreld se vyfde grootste produsent naas Turkye, produseer Suid-Afrika tans 6% van die wêreld se rosyne, maar produksie het sedert die 2006/2007-seisoen verdubbel met besondere sterk groei oor die afgelope vyf jaar.  Rosyne SA se aangepaste beraming vir die 2021/2022-seisoen is 65 000 ton bemarkbare rosyne, maar jaarlikse opbrengste sal na verwagting teen 2025 tot 100 000 ton groei, te danke aan nuwe aanplantings en die stelselmatige vervanging van wingerde sedert 2014. Terselfdertyd het die Noord-Kaapse provinsiale regering, in samewerking met Rosyne SA, ’n 200-hektaarontwikkeling in Eksteenskuil van stapel gestuur om die groei van kleinskaalboere te bevorder. Dit het daartoe gelei dat volumes van 800 ton tot meer as 2 000 ton per jaar gegroei het, terwyl produsente se jaarlikse inkomste sedert die 2013/2014-groeiseisoen van R15 miljoen tot R45 miljoen toegeneem het. Die hoofverwerkers en -verpakkers het egter tans ’n jaarlikse kapasiteit van tussen 90 000 en 100 000 ton. Rusland voer jaarliks sowat 20 000 ton rosyne in – ongeveer 1,6% van die gesamentlike rosyntjieproduksie wêreldwyd – dus sal die handelsbedreiging na verwagting beperk wees aangesien Rusland minder as 0,2% van Suid-Afrika se gesamentlike rosyntjieuitvoere verteenwoordig. Die indirekte impak sal waarskynlik groter wees weens die stygende koste van brandstof en kunsmis. Onsekerheid in die markte kan ook tot ’n sterker Amerikaanse dollar lei, wat tot korttermynvoordeel van die bedryf sal wees omdat rosyne in dieselfde geldeenheid verhandel word. Dit sal egter oor die mediumtermyn teen hoër inflasiedruk verreken word aangesien baie insette ingevoer word.

 

Afrikaanse Nuus wat jy kan lees op AGRI NEWS NET-

Meer as R8 miljard word benodig om die chaotiese toestand waarin Suid-Afrika se rioolstelsels en sy afvalwater fasiliteite verkeer, reggestel te kry en weer op standaard te probeer bring.Die inligting is vervat in die jongste verslag van die sogenaamde “Green Drop” wat meer as 850 aanlegte besoek en geëvalueer het.

Die produseer van “groen waterstof” in Suid-Afrika kan moontlik 'n uitstekende uitvoerproduk word in die lig van die Russiese oorlog wat gas en olie se prys die hoogte ingejaag het.

Die woord en die bewerking " NO TILL" het weereens vanjaar gewys dat dit werk. Konvensioneel proewe het die jaar weer gewys dat die stelsel die regte pad is. vir die toekoms .Oor 4 proewe, van sand tot klei, mielies op mielies, is 6.7% beter opbrengs gekry op die notill. Die sand lande se no-till het amper 20% beter gedoen as die konvensioneel. Die tendens kan wees dat minder bemesting moontlik is.

Die direkteur van Diergesondheid, dr. Maja, het erken dat die departement nie oor die kapasiteit beskik om bek-en-klouseer, wat dramaties toeneem, kan beheer nie, Die gebied wat in die Limpopo geïdentifiseer en as die beheer sone verklaar in 2019, maar telkens word die gevaarlike siekte elders ondervind omdat beheer nie toegepas word nie, is gesê.

Mens kan meer by diere, insekte leer oor uitwerking van klimaatsverandering. Indien ons meer aandag gee aan hoe voëls, hase en termiete hul plaaslike leefruimtes omvorm in reaksie op veranderende klimaatsomstandighede, sal ons beter kan voorspel watter uitwerking klimaatsverandering in die toekoms op hulle sal hê.

Weerkundiges wat die wêreld se temperatuur dophou, sê 2021 gaan moontlik die warmste jaar in die Aarde se geskiedenis wees. ‘n Bekende klimaatsverandering-spesialis, Maximiliano Herrera, het volgens berigte in Britse media gesê verlede jaar was die warmste ooit sedert hy 30 jaar gelede begin het om weerrekords saam te stel.

Die lang en uitmergelende droogte, tesame met die Covid-19-pandemie, het die jagbedryf groot skade berokken. Tydens die droogte het wild gevrek, wildboere hul wildgetalle minder gemaak en tydens die pandemie, toe jag tot stilstand gekners het, moes wildboere diere vir die vleismark aanbied om te kon oorleef.

Wetenskaplikes sê die tempo waarteen ys in Groenland smelt, is sewe keer vinniger as in die negentigerjare. 'n Internasionale navorsingspan, wat alle satelietwaarnemings van die afgelope 25 jaar nagegaan het, het die bevindings bekendgemaak. Groenland is sedert 1992 bykans vier duisend miljard ton ys kwyt - genoeg om die seevlak met meer as 'n sentimeter te laat styg.

Vleis- en visbedrog is globale probleme wat verbruikers jaarlikse biljoene rande kos. Verder kan waninligting op etikette probleme veroorsaak vir mense wat aan allergieë lei of om godsdienstige of kulturele redes gekortwiek word.

Suid-Afrika kan weens sy standpunt oor die Russiese oorlog in Oekraïne polities geïsoleer word, sê prof. William Gumede, verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand se skool vir regeerkunde. Een van die ander gevolge van die oorlog is dat die Weste ná die konflik eerder ontwikkelingsgeld aan lande in Oos-Europa beskikbaar gaan stel as aan Afrika.

Sosiale media is baie goed vir mense wat hulleself nie kan besig hou of aktief kan wees nie. Maar dis duidelik dat sosiale media se dae stadig maar seker getel word. Daar is te veel "banale" akiwiteite wat daagliks voor jou oe ingestoot word deur mense wat allerhande manier probeer om aandag te trek en hullese deel van die wereld te maak. Moenie jou besigheid hieraan koppel nie.

Banke wêreldwyd het onderneem om groen te word, maar sukkel om van steenkool ontslae te raak. Daar is min verband tussen die groen retoriek van die grootste finansiële instellings, hulle klimaatsbeloftes en hulle finansieringspraktyke.

‘n Vrystaatse boer, Daniel Mosia, doen ‘n beroep op die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling om die Pro-aktiewe Grondverkryging-strategie se voordele uit te brei. Die departement het in 2015 die plaas Georgina deur die program aangekoop en aan Mosia toegeken.

Die voedsel- en landbou-organisasie van die Verenigde Nasies (FAO), die wêreld-organisasie vir dieregesondheid (OIE), die Verenigde Nasies se omgewingsprogam (UNEP) en die Wêreldgsondheidsorganisasie (WHO) het die nuut gevormde operasionele definisie van “Een Gesondheid” van hul adviespaneel, die een-gesondheid hoër vlak deskundige paneel (OHHLEP) verwelkom.

Alhoewel Suid-Afrika nog altyd sowat 60% van sy brandstof moes invoer omdat plaaslike raffinaderye slegs 40% kon produseer, het dit 'n aansienlike besparing teweeggebring vir die verbruiker. Die sluiting van die aanleg in Natal, en ook later die een in die Wes-Kaap, het veroorsaak dat daar nog net die een in Sasolburg is wat gesamentlik deur Sasol en Total beheer word.

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Vleis-in- en -uitvoerders doen ‘n beroep op die regering om BTW en handelstariewe op alle pluimvee-produkte op te hef om te verseker verbruikers kan die produkte bekostig. Die uitvoerende hoof, Paul Matthew, sê die opheffing van tariewe kan ‘n afname van 33 persent in die pryse van gebeende hoenderstukke meebring en tussen 18 en 20 persent vir hoender-afval.

Die uitwerking van stygende vleispryse op verbruikers – veral dié in kwesbare lae-inkomste huishoudings – word al hoe duideliker en is veral sigbaar in 'n ongelooflike groot vraag na bekostigbare varkvleis. Die vervaardiger Eskort sê hy sien toenemend dat verbruikers hulle nou tot kostedoeltreffende opsies soos weenseworsies, polonie en lewer- of speksmeer wend in 'n poging om proteïen te kan bekostig.

Mielievoorraad in SA

Suid-Afrika het vir die 2021‑’22‑seisoen 16 miljoen ton mielies geproduseer, waarvan 8,6 miljoen ton witmielies en 7,7 miljoen ton geelmielies is. Tans staan witmielie-uitvoere op 570 000 ton en geelmielies op 2,4 miljoen ton. Die plaaslike verbruik is omtrent 11 miljoen ton.

 

Wit (ton)

Geel (ton)

Totaal (ton)

Produksie

8 600 000

7 715 000

16 315 000

Verbruik

6 984 000

4 105 000

11 089 000

Uitvoere

568 569

2 473 253

3 047 822

Voorraad

1 047 431

1 136 747

2 184 178

Uit hierdie tabel kan ons sien dat Suid-Afrika tans voldoende voorraad het om tot in Mei aan plaaslike verbruik te voldoen, wanneer die volgende seisoen begin en nuwe mielies in die mark kom. 

Suid‑Afrika is ʼn netto invoerder van koring, wat beteken dat ons nie genoeg koring produseer om aan ons eie verbruik te voldoen nie. Suid‑Afrika moet ongeveer die helfte van ons plaaslike verbruik invoer, afhangend van die plaaslike produksie. Indien die konflik voortduur, is daar ander gebiede vanwaar koring ingevoer kan word. Vir die huidige bemarkingseisoen het Suid-Afrika koring van lande soos Litaue, Argentinië, Australië en Letland ingevoer. In die vorige seisoen het Suid-Afrika 210 000 ton van Rusland af ingevoer. 

Volgens die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) se nuutste vraag- en aanbodskattings, behoort Suid-Afrika 1,475 miljoen ton koring vir die 2021‑’22‑seisoen in te voer, wat vanaf Oktober verlede jaar tot in September vanjaar sal strek. Die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdienste (SAGIS) se getalle dui sover op 662 826 ton se invoere.

Deurmekaar  op ons paaie- en die trokke is almal oppad Durban toe=