Die familieboer-landbounetwerk Saai vandag geloods- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) is vandag in Pretoria geloods. Saai is ’n landbou belangenetwerk, vir boere deur boere, wat daartoe verbind is om die regte, waardes, ideale en behoeftes van familieboere in die primêre produksiesektor te beskerm en te bevorder.

“Saai is gestig om addisioneel tot beleidsbeïnvloeding, ook n aktiewe rol te speel in saakgerigte aksies en strategiese oplossings vir onmiddike landbou-probleme . Die organisasie is polities onverbonde, en sal hom beywer om met bestaande landbou-unies met uiteenlopende politieke sentimente saam te werk waar dit in die belang van familieboerderye is.” sê Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai.

Dr Theo de Jager is as voorsitter van Saai se direksie aangewys en Francois Rossouw is die uitvoerende hoof van dié netwerk. Lidmaatskap is oop vir alle landbouprodusente ongeag grootte, taal, ouderdom, herkoms of geslag.

“Saai gaan as ’n nasionale eenheidstruktuur, en nie ’n federasie nie, bestuur word. Dit maak die gebruik van digitale tegnologie, werwing, kommunikasie, mandaatgewing en saakgerigte optrede makliker. Direkte kommunikasie met ons lede verseker dat die netwerk nie lamgelê word deur argaïese strukture en hul stem nie só verlore gaan nie,” sê Rossouw.

“Saai is besig om samewerkings- en netwerkooreenkomste en wedersydse ondersteuning te formaliseer met landboubesighede, bedryfsorganisasies, navorsingsinstellings en landbou-organisasies wat op ander steunbasisse fokus. Die nuwe organisasie sal ook saakgerigte aksies neem, soos hulpverlening aan grondeienaars wat die slagoffers van plaasbesettings, plaasaanvalle, onteiening teen geen- of verminderde vergoeding en intimidasie is,” sê De Jager.

Saai se vertrekpunt met betrekking tot die onteiening van grond, is dat markwaardevergoeding die goedkoopste en enigste volhoubare weg is om die soort van beleggings en groei in die landbousektor teweeg te bring waarin grondbegunstigdes en ander nuwe toetreders kan gedy. Al waarborg die Grondwet nie markverwante vergoeding nie, word dit ook nie verbied nie. Onteiening wat nie teen markverwantevergoeding geskied nie, sal daarop neerkom dat indiwiduele grondeienaars die rekening vir ’n nasionale verantwoordelikheid moet betaal.

Saai vul die leemte van ’n broodnodige ondersteuningsraamwerk vir alle boere. Dit is tyd dat boere direkte insae het in kwessies wat hulle raak. Saai moedig boere aan om by die familieboer-landbounetwerk aan te sluit, besoek www.saainet.co.za.

Dr. Theo de Jager
Voorsitter van direksie
SAAI
Sel: 082 332 2110
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Francois Rossouw
Uitvoerende Hoof
SAAI
Sel: 082 575 5484
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Newsletter Subscribe