POLITIEK VERNIETIG GROEI- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

“Daar kan baie lank oor die verskillende politieke stelsels in die wêreld gepraat word, maar dit is in werklikheid irrelevant want die lande wat nie ekonomiese groei, welvaart en ontwikkeling kan skep nie, kan nog minder hulle sosio-maatskaplike probleme op los nie!! Die gevolg is ‘n land soos Suid-Afrika waar sosialisme en kommunisme ‘n totale korrupte, bankrot en mislukte staat tot gevolg het wat binne die volgende 3 tot 4 jaar totaal vernietig sal word,” sê Fanie Brink, 'n onafhanklike ekonoom.

 Hy het verwys na die artikel “DA: Dís waar die party nou staan” wat vanoggend op Netwerk24 se internetblad verskyn het.

Brink sê die vraag is eerder watter politieke stelsel wat kapitalisme vir sosialisme en kommunisme verruil wat ekonomiese groei net kan vernietig, soos duidelik deur die geskiedenis bewys is, wat totaal korrup is en politieke mag gebruik net om politici en hulle amptenare te verryk self tot waar die regering nie langer meer instaat sal wees om enige maatskaplike toelae te betaal nie. Waar die politici ekonomies totaal ongeletterd is en nie verstaan dat hulle beleid die ekonomie totaal kan vernietig omdat bloot net die uitslag van die volgende verkiesing vir hulle van belang is.

‘n Land kan enige politieke stelsel hê solank as wat ekonomiese groei as die heel belangrikste prioriteit aanvaar word, eerder as ‘n magsbehepte en korrupte politieke stelsel, solank dit nie net nog ‘n stelsel is wat die ekonomie vernietig nie.

Die Demokratiese Alliansie se beleid om “social justice” deur “inklusiewe groei” (net ‘n skuilnaam vir sosialisme) en die ontsaglike dwaling oor ‘n “sosiale markekonomie” (wat steeds sosialisme beteken) te probeer behaal het totaal platgeval en die party het nie eers ‘n ekonomiese beleid op die oomblik nie.

 Dit is baie belangriker om ‘n stelsel te hê wat ekonomiese groei kan skep om inkomste vir die regering te genereer om sosio-maatskaplike probleme aan te spreek eerder as ‘n politieke stelsel sonder ‘n beleid wat ekonomiese groei kan skep. Dit maak nie eintlik saak wat die naam van die politieke stelsel is nie. Net solank dit nie die kommunistiese stelsel is waarmee die diktator en aartskommunis, Vladimir Lenin en sy opvolger, Joseph Stalin, Rusland se ekonomie totaal vernietig het, of die diktator Adolf Hitler se stelsel van wêreldoorheersing waarmee hy feitlik al die ekonomieë van die Europese lande vernietig het en so die Tweede Wêreloorlog ontketen het. Of die suiwer sosialistiese, magsbehepte en korrupte beleid wat die meeste Afrika-lande vandag ekonomies so vernietig het dat die al die finansiële hulppakette van verskillende lande en die Verenigde Nasies se “Social Development Goals” nog geen verskil aan die armoede, hongersnood en menselyding kon maak nie.

Dit is hoekom ‘n Keniaanse spreker wat eendag oor korrupsie gepraat het gesê het: “Mense hardloop nie uit Afrika nie, hulle hardloop weg van Afrika al verdrink hulle ook in die Middellandse see!”

“Amerika is veronderstel om kapitalisties te wees, maar net anderdag moes hulle hul banke uit die moeilikheid help. Dis mos nie kapitalisme nie?” Dit is eenvoudig nie korrek nie behalwe vir politieke kommentators wat geensins die ekonomie verstaan nie. Dit is elke regering se verantwoordelikheid om altyd die omgewing te skep waarin die skeppers van ekonomiese groei finansieel kan oorleef, winste en ekonomiese groei kan skep, veral tydens die ergste internasionale finansiële krisisse in die wêreld soos in 2008/09 toe Amerika sy banke moes help en die krisis nou met die Covid19-pandemie. Natuurlik is dit steeds suiwer kapitalisme!!

Natuurlik het ‘n “vryemarkstelsel  ’n swak geskiedenis met die oplos van maatskaplike probleme,” maar dit bestaan in elk geval nie meer nie as gevolg van die buitensporige ekonomiese inmenging deur feitlik al die regerings in die wêreld met regulerende maatreëls (net soos Lenin se kommunistiese “dekrete”) wat dit reeds bykans totaal vernietig het.

“Die ANC-regering se ekonomiese beleid van ‘inklusiewe groei’ en ‘n sogenaamde ‘maatskaplike verdrag’ met sy sosiale vennote is suiwer sosialisme wat deur die geskiedenis bewys het dat dit geensins ekonomiese groei kan skep nie. Sy politieke doelwitte om armoede te verlig en werkloosheid te verminder kan net deur ekonomiese groei binne ‘n kapitalistiese stelsel bereik word, maar dit is onverstaanbaar vir die ANC-regering, sowel as vir al die opstellers van verskeie sosialistiese ekonomiese herstelplanne wat nou die lig sien, maar wat nie in hulle doel sal slaag nie,” sê Brink.


Newsletter Subscribe