My gesondheid- My gewig dis my verantwoordelikheid

My gesondheid- My gewig dis my verantwoordelikheid

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Ons is in die jaar 2022- Sosiale media en ander media is vol van gesondheids wenke en allerhande maniere om gesond te eet en te lewe . 

Die media is ook vol van allerhande raadgewers en middele om jou te genees van een of ander siekte wat deur Pharma en sy medisie gediagnoseer is of sommer self gediagnoseer is op grond van "Mr Google" of een of ander video kanaal . Kettingwinkels is vol van alllerhande gesondheids produkte wat jaarliks biljoene oplewer. Daagliks lees en sien ons al hierdie bemarkingsflitse en glo dat dit die oplossing is vir ons gesondheids en oorgewig probleme. Allerhande soorte kosse en maniere word opgedis en aangebied om gesonder te eet en te lewe. Jy moet kos eet wat gesond is en jou beskerm teen allerhande siektes. Maar al eet jy hoe gesond moet jy eers seker maak dat jou spysverteringskanaal ook gesond is. 

Allerhande applikasies is beskikbaar wat alles van jou meet en jou dan inlig van hoe jy moet oefen en eet en drink om gewig te verloor of om gesond te word. Slim geleerdes werk vir die mense allerhande soorte dieete uit sonder om te weet wat in klieent se liggaam aangaan. Ten spyte van al hierdie "quickfixes" en slim manne en vroue se raad asook allerhande soorte eetgewoontes, en kosse sien ek nog baie min gesonde mense rondloop- om nie eens te praat van oorgewig mense nie. 

Maar die groot vraag is - Hoekom word ek siek en hoekom is ek oorgewig of onder gewig.

Die Pharma van die wereld beheer nog steeds die gesondheid van die oorgrote meerheid van die wereld bevolking en voorsien hierdie siek mense van hulle daaglikse dosis  " Prescribed drugs" om in die meeste gevalle die simptome te beheer en sodoende die mense afhanklik te maak van hierdie " Medical Tested drugs' met enorme newe effekte. Daar is wel uitsonderings, maar oor die algemeen is mense besig om wakker te word en meer bewus word van die gevolge. Ek sien ook baie min gesonde mense op voorgeskrewe medisyne wat dit al vir jare gebruik- Hulle is klokslag elke maand in apteke om hulle voorgeskrewe pille te ontvang.

Jy is 'n unieke mens- daar is net een van jou- sekere mense sal in sekere omstandighede met sekere eetgewoontes en drinkgewoontes sekere siektes ontwikkel- Jou siekte kan ontwikkel agv 'n jarelange emosie wat manifisteer in een of ander siekte- Jou eet en drinkgewoontes agv jou emosie kan jou ook siek maak en liggaam uit belaans laat gaan .Jou werks en huis omstandighede kan ook manifisteer in een of ander siekte. Die huislike omstandighede waarin jy groot geword bepaal ook jou gesondheid wat kon manifisteer asg van 'n negatiewe emosie.  Miljoene mense se imuunstelsel is afgebreek deur antibiotika en kortisone wat aan hulle gegee is voor die ouderdom van 7 jaar deur die mediese wereld. Dis absoluut fataal om dit te doen. 

Jy kan gebore word met een of ander afwyking. Jou welvaart bestaan uit vele demensies-  Holisties is die woord wat baie gebruik word. In baie gevalle moet jy keuses maak en dit kan ook jou gesondheid beinvloed. Jy kan jou ook siek dink. Dit is waarom dit belangrik is dat jy eers moet weet presies wie jy is-  

Om net deur Pharma en sy allerhande toetse gediagnoseer te word is nie die antwoord nie . Daar is baie meer as dit. Die diagnose wat jy ontvang in die vorm van die woord van die medici oor een of ander ongeneeslike siekte kan ook op jou groei en jou sieker maak as wat jy is. Dan begin jy na antwoorde soek op "mr google' en raak jy eers deurmekaar.  Sosiale media en U tube ken jou nie- maar mense bly daar soek oplossings. Pharma en die mediese wereld behandel  in meeste gevalle net jou simptome en die oorsaak word nooit werklik aangespreek nie. Baie produkte wat aanlyn verkoop word is baie duur. Netso gaan jy baie meer betaal vir 'n verpakkingsmateriaal wat die produk aanloklik laat lyk. In baie gevallle lees mense net wat in die produk is maar hulle kyk nooit wat die hoeveelheid is nie. Meeste van die produkte wat so vrylik op radio en Televisie en sosiale media bemark word se verpakkings materiaal wat gewoonlik 'n boksie is , gaan dalk meer gesonder wees as die inhoud.

Meeste van die sogenaamde kundiges met hulle grade wat jou wil raad gee, het self 'n probleem en hou daarvan om na jou storie te luister met betaling deur die mediese fonds. Jy wil nie in Suid Afrika in 'n hospitaal beland nie- jy mag dalk 'n baie goeie en suksevolle dokter he, maar die hospitale is nie meer wat dit was nie.  Privaat hospitale is dalk so ietwat beter, maar in staatshospitale is dit nag. Meeste mense beland net in hospitale omdat hulle nie na hulle gesondheid ordentlik omgesien het nie. Suid Afrika het nog steeds baie goeie dokters wat werklik omsien na hulle pasiente, maar daar is net soveel ( veral die jonger geslag) wat eintlik die status (wat alreeds nie meer deel van die samelewing nie ) wil lewe. 

Meeste van die manne en die dames wat so lekker gekuier het in hulle jong dae en nie enigsins na hulle gesondheid omgesien het nie, se lywe wil ek nie vandag he nie. Die mense is sieklik, op mediese voorgeskerwe pille en brille sukkel om te sien, te loop en te eet en meeste van hulle is gedurig by die dokter of in die hospitaal  en kan oor niks anders gesels as hulle siekte nie. Dis ongelukkig die pad wat jy loop as jy nie omsien na jou liggaam nie- jy moet van jongs af beheer neem oor alles wat jy eet en drink. 

   Die gesondheid van jou liggaam is jou verantwoordelikheid.- Suid Afrika

Ons sien daagliks hoe jong mense hulle vergryp aan drank en allerhande opkikker drankies en hulle gaan waarskynlik die selfde pad loop. Daar is werklik geen prestasie daarin om die man van die oomblik te wees as jy kan groot hoeveelhede drank drink nie.  Rook en drankmisbruik was nog altyd die oorsaak van baie siektes. Vandag is dwelms en die gebriuk van allerhande snuif en rook middels die doodsteek vir baie mense se gesondheid.  Dagga is nou wettig met baie newe effekte en daar is ook allerhande soorte olies waaraan jy verslaaf kan raak. 

Mense gebruik allerhande pille en ek noem dit sommer "uppers " and downers" om hulle goed te laat voel na hulle lekker kuier.  Hierdie jongmense is stadig besig om hulle gesonde liggame te vernietig. Jy moet in beheer wees van alles wat jy eet drink en gebruik en jy moet weet wat daarin is.  Alles met 'n TE vooraan gaan jou vernietig. 

Daar is nie onderdele beskikbaar vir jou liggaam nie- dis waarom jy dit moet oppas..

Daagliks sien ons hoe mense in rye staan om kitskos aan te koop wat bestaan uit suiker, vet en allerhande ander komponente . Dit neem baie jare vir landbouers en telers om die regte kwaliteit diere te teel wat kwaliteit kalwers lewer en wat op die ou einde kwaliteit vleis lewer- perfek geteel,sag sappig met die regte vet/vleis bedekking. Maar dit neem net 'n paar minute vir 'n paar baie slim manne om hierdie perfekte vleis totaal en al te vernietig deur allerhande sogenaamde banale maniere van braai en souse..

Mense dink nog steeds dat hulle alles moet glo en toepas wat hulle op sosiale media of Televise programme sien. Kyk net eers hoe lyk die mense wat al hierdie argaanse metodes van braai aan jou voorle... baie min van hulle lyk gesond - en van braai weet hulle baie min.. want hulle versuip hierdie kwaliteit vleis in 'n een of ander sous met soveel versteekte suikers en speserye dat jy eers na maande gaan agterkom hoekom jou liggaam nie meer korrek funsioneer nie en jou boeppens net groter en groter word.  Meeste van die vleis is deurtrek van allerhande speserye en goed wat glad nie eens bymekaar pas nie. Jou boeppens is 'n tydbom wat een of ander tyd sy tol gaan eis.

Kyk gerus hoe lyk dit as jy suiker en vet en proteine met mekaar meng- dit veroorsaak "Biofilm" in jou lyf- en dit is die begin van inflammasie wat glad nie gaan verdwyn al begin jy gesond eet. "Brandewyn en coke" - "shooters" en nog ander drankies met suiker gemeng is nou baie lekker- maak jou lekker- en jy is op 'n lekker plek-  maar eendag gaan dit terug kom en jou byt- en dan gaan Pharma in beheer wees. 

Televisie programme met sogenaamde bekendes wat kilogramme verloor omdat hulle sogenaamd reg eet met kos wat spesiaal geweeg, gemeet, en verpak is , is wonderlik en kan dalk gesond lyk en beter wees as wat jy tans eet, maar nog steeds word die probleem nie aangespreek nie. Die probleem van hoekom jy oorgewig is.  Jy en net jy alleen is in beheer van wat jy eet en drink... jou verhouding met jou kos en drank moet reg wees en jy moet dit kan beheer. Moenie dat kos en drank jou oorheers nie en moenie dat dit vir jou 'n"kruk" word nie. Dit gaan nie sommer genees as jy reeds in jou middeljare is nie.  

Jou liggaam moet gereeld gediens word-  dit noem mens onderhoud-  jou ouderdom, jou eet en drinkgewoontes en jou omstandighede en baie meer het baie te doen met jou gesondheid. Daarmee saam is dit belangrik om te weet van jou natuurlike gedrag is. 

Daar is net een manier en dis die korrekte manier. Alles begin in jou spysverteringskanaal. - dit moet korrek funksioneer.- Dis hier waar jou kos verteer word- so dit gaan nie oor wat jy eet nie- maar wat jy verteer Jou liggaam moet in harmonie werk-  totaal en al in belaans en elke orgaan het sy werk en daarvoor moet die organe die nodige korrekte  gesonde  voeding kry. Daar is net een manier om enige ernstige chroniese siekte vry te spring en dis voorkoming- op die regte manier kan dit beheer word en suksesvol genees.  

Daagliks sien ons in die media hoe daar allerhande wondermiddels aangebied word om jou spysverteringstelsel te herstel-  dis alles 'n skoot in die wind. Jy moet eers presies uitvind wat fout is voordat jy enige produkte gebruik. Die mense wat so graag die wondermiddels aan jou wil verkoop - en jou waarborg dat jy beter gaan voel en gesond gaan word, het baie stories as dit nie werk nie. Maak seker dat die mense wat al hierdie wondermiddels aanbeveel ook ten minste gesond lyk.   

Moenie mislei word met sogenaamde bekendes wat die produk bemark en net goed praat van dit nie-  hulle word betaal daarvoor.  Wees maar versigtig vir al die produkte wat bemark word in die media- as dit 'n goeie produk is sal dit sommer baie vinnig met "word of "mouth" verkoop word. Dieselfde geld vir gesondheids praktisyns. 

Daar is baie maniere om te bepaal wat fout is met jou- weereens is daar net een manier en dis die regte manier. Bloedtoetse is ongelukkig nie altyd sukesvol nie en veral nie bloed analise toetse nie. Dit moet  saam gedoen word met die regte    Skanderings apparaat wat wereldwyd gebruik word  en baie akkuraat is. Maar die persoon wat hierdie analiese doen is baie belangrik. Sy kennis en wysheid is die sleutel tot sukses. Dis belangrik om by die regte persoon uit te kom.

Daar is ook 'n klomp wonderlike "gadges" op die mark wat byna alles meet in jou liggaaam. Dis goed en wel om alles te meet, en dan met een of ander wonder middel te wil beheer. Die rede is nog steeds hoekom het dit begin. Wat is die oorsprong van die probleem en wat moet jy herstel om die probleem op te los.  Wees maar versigtig vir al die gebruik van CBD olies- en al die duur produkte wat daarmee gepaard gaan-  dis nuut, dis aanloklik en dit kan baie vinnig verligting bring, maar die newe effekte het nog nie ten volle na vore gekom nie.  Tot dan- moenie jou enigste liggaam hieraan blootstel indien dit nie regtig nodig is en daar geen ander alternatief is nie-  Die Amerikaners het hulle lus verloor die die sogenaamde wonderproduk as jy kyk na die aandele van sekere maatskappye wat baie swak doen. 

Maak seker dat jy jou gesondheid toevertrou aan iemand was self gesond is en gesond lyk en lewe. Maak seker dat jy 'n professionele gesondheidspraktisyn besoek met jarelange ondervinding in gesondheid en alles wat daarmee gepaard gaan. Dis jou lewe- en jy is verantwoordelik vir jou liggaam jou denke en jou gees. Daar is baie mense met grade en allerhande kwalifikasie wat baie goed is, maar dis nie te se dat hulle weet wat hulle doen nie, en jy hulle kan vertrou nie. 

Voor jy weer sommer alles glo wat vir jou vertel word of wat jy raakblaai op Sosiale media - of raak geluister het op radio....en glo jy kan jou probleem self oplos,  vind maar liewer eers uit wat jou probleem is. Siek mense is pasiente, en gesonde mense wat gereeld hulle liggame instandhou en alles beheer wat hulle eet en drink is klieente van suksesvolle Gesondheidpraktisyns. 

Neem beheer oor jou denke, jou liggaam en jou siel... en moenie deel word van die wereld en sy gejaag na geld en rykdom nie... Moenie dat  Pharma jou beheer nie -Wees net jouself en wees lief vir jouself.

Jou gesondheid is die grootste bate wat jy het- dis jou voertuig op aarde.

Johann Pretorius Professionele Gesondheidpraktisyn - Quanlim Life-  Pretoria Suid Afrika.