Suid Afrika se platteland. 2024

Suid Afrika se platteland. 2024

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Vir almal wat of in die platteland van Suid Afrika  woon, of as stedeling van tyd tot tyd soontoe kom, is dit duidelik hoe die platteland agteruitgaan.

Ek het verlede jaar 'n groot deel van die artikel geskryf en geplaas, maar ek het dit weer aangepas vir die jaar. 

Mense trek weg, winkels en besighede sluit (behalwe Sjinese “alles-en-nog-wat-winkels”), geboue verval, kerke loop leeg en al wat groei is onkruid, die werkloosheid en die plakkerskampe. Die stede gaan in sekere opsigte ook agteruit wat lewenskwaliteit betref, maar groei wat getalle en ontwikkeling betref.

Aan die anderkant -Oorvol stede, daaglikse verkeersknope, die gewoel van die stad en misdaad is van die redes waarom al hoe meer stedelinge deesdae na die berge wil vlug en oorweeg om op die platteland te gaan nesskop.

Ons AGRI NEWS NET span het byna 1000,000 kilometer gereis deur Suid Afrika, Zambia, Botswana en ander lande in die afgelope 6 jaar. Suid Afrika is en bly 'n baie mooi land, maar waar die meeste mense woon en werk is nie meer mooi nie.

Die natuur is vernietig reg rondom elke dorp in die Platteland, en daar gaan vir jare baie min lewe in die grond wees- ten minste 2 kilometer reg rondom die gebiede waar duisende arm gemeenskappe bly. 

Nou wil die regering die grond beskikbaar stel sodat voedsel op hierdie grond verbou kan word- Duisende mense gaan om dorpe fisies plak en daar gaan nie baie in van die plan kom. 

Die regering van die dag se beloftes wat na 30 jaar nog geen sukses opgelewer het nie. Meeste van die Stadsrade se skuld is so hoog dat die balju gereeld daar

aanklop.

Suid-Afrika is met sy megatendense gewoonlik omtrent 10 jaar agter die Weste en omdat hier sowel eerste- as derdewêreld-leefpatrone bymekaar is, loop die tendense minder duidelik as in die VSA of Europa. Verstedeliking duur tans onverpoos voort, veral deur  mense wat tradisioneel plattelands was en vir wie die stad die belofte van werk, geleenthede en vermaak bied. 

Dit is interessant om na die grafieke wat mense óf na die stede óf weer meer na die platteland dryf, te kyk en te ontleed.

( Ons platteland in Suid Afrika lyk alweer aantreklik maar die inwoners moet beheer neem.

Suid Afrika se president het gesê die program wil finansiering veral herlei na die platteland en "townships" waar hy meen die meeste werksgeleenthede geskep kan word. “Dis ons sentrale uitgangspunt omdat ons te min fiskale ruimte het en dus liewer ons besteding moet verander en ons bestaande bronne beter moet aanwend.

Die landbousektor kan teen 2030 tot 1 miljoen nuwe werkgeleenthede skep. Daarom wil die staat veel meer geldelike hulp deur die Landbank en handelsbanke aan swart kommersiële boere bied. “Ons wil dié boere veral aanspoor om gewasse wat arbeidsintensief is vir die uitvoermark te verbou,” het hy gesê. Wat groei in agtergeblewe gebiede betref, wil die regering drie streeks- en 26 township-nywerheidsparke wat lank ongebruik was, laat herleef. ʼn Fonds sal gestig word om projekte te finansier en werkskeppingsprojekte aan die gang te kry. Suid Afrika se werkloosheids koers is nou baie naby aan 39% en die edelagbare President rits rond en staan bakhand vir geld en lenings om nog verder te spandeer. 

Hy meen infrastruktuurontwikkeling het die potensiaal om ʼn groot hoeveelheid werksgeleenthede te skep, maar sê tot dusver was dié ontwikkeling te gefragmenteerd. Hy het ʼn megafonds aangekondig wat projekte landwyd sal uitvoer en wat die private sektor sal aanmoedig om deel te neem aan “betekenisvolle” vennootskappe. Die president het gesê R400 miljard word beskikbaar gestel deur bestaande staatsbesteding en lenings om infrastruktuur landwyd te verbeter. Dié fonds sal onder die toesig staan van “slim en uitstaande mense”, het hy gesê, om te verseker dat dit doeltreffend bestee word en projekte wat onder meer die bou van paaie en damme behels, suksesvol afgehandel word.

Landbouers is besig om teen 'n baie vinnige tempo te meganiseer en nuwe tegnologie te gebruik om landbou meer vaartbelein te maak.

Elke dorpie het sy geskiedenis van sy eie mense en geboue. Dit is opvallend dat daar baie min, meer gebou word in die dorpies, geboue word meestal verbeter en herbou. Jare se geskiedenis le opgeskryf in die dorpies wat vir jare bewaar gebly het totdat alles in afgelope jare met geen instandhouding en respek verval het. 

Die derde wereld se onbekwame bestuurders en politiekeleiers is duidelik sigbaar in die verval van paaie, sypaadtjies, water aflydings strukture, riool, vuil strate en  oop erwe en rommel wat oral le.

Na die goeie reens van die seisoen is byna alle paaie in 'n baie swak toestand in die platteland en ook in die stede- Die ANC weet nie wat instandhouding is nie.  Ons landbouers het paaie nodig om hulle produkte te vervoer en maak dit nou self reg- 

        

Fotos- Dr Theo de Jager

Die stadskantore is vervalle, padskrapers en vragmotors staan onder bome, stukkend en geen geld vir onderdele nie. Die eens pragtige tuine staan vol kakiebos en onder die paar bome wat nog staan le mense sonder werk. 

Getroue inwoners betaal elke maand al vir jare hulle dienste en sien hoe hulle dorp agteruitgaan. Onbekame onproduktiewe mense in diens van die dorp verdien enorme salarisse en teer soos bosluise op die inwoners van die dorpe. 

Armmoede en werkloosheid is aan die orde van die dag. Die plaaslike Kettingwinkels kan vra wat hy wil vir sy kos en produkte, want daar is geen ander winkel in die omtrek nie.

Mense werk om te eet en te lewe- en staan maandeliks toue om hulle pensioengelde en regering skenings te kry van die staat wat gewoonlik 'n hele familie moet voed.

Oral in die strate hang mense rond opsoek na werk. Diefstal en drankmisbruik is elke dag sigbaar. By elke stopstraat staan iemand en bedel, net soos in die stede. Alles het soos 'n kanker stadig maar seker begin en alles is nou besmet.

Landbouers is nog steeds die ruggraat van al hierdie dorpies en die regering sien dit nog steeds nie raak nie. Landbouers gee werk aan van die inwoners van die plakkerskampe- mense wat nog wil werk en wat hulle lewenstandaard wil verhoog. 

Plattelandse mense is nog steeds die sout van die aarde. Sondag vir Sondag sien jy hoe hulle bymekaar kom by die kerk en daarna heerlike geselsies aanknoop oor die week se gebeure. Die plattelandse skole het nog steeds daardie innerlike bekoring van gemeenskaps waardes wat mense saamvoeg. Die plaaslike kerkbasaar en ander gebeure vereenig nog steeds hierdie gemeenskappe.

Die trots van elke inwoner is nog steeds daar, maar die toekoms van die dorpies le in die hande van net 'n paar mense wat baie hard werk om dit te laat herleef. Eenheid is wat alles saamvoeg. 

Vele Televisie programme is al vervaardig en projekte is van stapel gestuur om dorpe op te bou- miljoen rande is al geskenk deur borge en kompetisies met baie "goed voel" stories- Maar daar is nie geld agterna beskikbaar om hierdie projekte te onderhou nie. 

Gesondheidsorg het alles gewerk - 30 jaar terug en meer- Dit was skoon netjies en goed bestuur- Elke dorp het 'n kliniek gehad- opgeleide bevoegde susters het almal versorg en behandel het. Die staatshospitale in die dorpe was elke inwoners se trots. Ons is daar gebore en ons kinders ook. Dit was 'n R145 wat jy betaal aan die staat in 1979 vir jou kind se geboorte. Elke maand het elke hulle plaas besoek ontvang van die kliniek en alle werker sop die plase is verniet behandel. Dokters was deel van die gemeenskap- en die plaaslike telefoon sentrale het altyd geweet waar jy die Dokter is as jy dringend mediese hulp nodig gehad het.

Conference to showcase how ordinary people are building a better South Africa

Dis hier waar politieke partye regs van die regering hulle mense opsweep met onwaarhede en hulle aanmoedig om alles te vernietig en daardeur verhoudings te versuur in plaas daarvan om saam te werk.  Meeste van hierdie mense se Ouers en familie was ook bouers van Suid Afrika- 

Niemand kon dink dat 'n regering 'n pragtige land soos Suid Afrika so mishandel en vernietig het nie - meeste van hulle sien nog steeds nie die skade nie en blameer "Apartheid" na 30 jaar.  Herophou is ons voorland maar daarvoor is geld nodig - en die ANC se onkunde en gulsigheid het Suid Afrika in groot finansieele verknorsing.  

Ons water in riviere en damme is erg besoedel -  die kwaliteit van ons grond neem af en daarmee die water- en dit het weer 'n uitwering op voedselkwaliteit. Oral word nou geboer of dit besmette grond is of nie. Dit dalk tyd geword dat groente en vrugte nie gekoop word volgens gewig nie, maar volgens "Gesondheids "waarde

As jy groot geword het in die platteland van Suid Afrika soos ek, dan is jy maar net deel van 'n spesiale geslag wat net baie meer van die mens en die natuur waardeer. Ons het saam gebou- saam gekuier het,  saam funksies gehou het- en geld ingesamel het om te bou-  Min praters- en vele doeners.

In die jare 80 was daar 3 Rugby spanne in dorpe soos Wesselsbron, Hoopstad , Bothaville, Bultfontein en nog baie ander dorpe- Die jaarlikse rugbydans het 700 en meer mense bygewoon- Dit was normaal om 800 plus mense in die plaaslike saal te onthaal vir troues en funksies.  Die plaaslike saal en sport en rugby gronde was waar alles plaasgevind het- dis hier waar welvaart geskep is en teruggeploeg is in die gemeenskap. 

Elke dorp het sy eie mense - sy eie geskiedenis en sy eie herinneringe- Hierdie klassieke Foto is geneem in Hoopstad waar Mnr Henning van Aswegen, Eienaar van een van die grootste Ford handelaars in Suid Afrika- 50 Ford trekkers is oorhandig aan Mnr Koos Jooste 'n mega boer van Hoopstad. Die Hoofstraat was die parkeerplek. Dit was byna 40 jaar terug- die krag van die platteland en sy mense.

Dis 'n ander platteland wat ons vandag ervaar. Baie van die dorpe het vir dae nie krag nie- Geen instandhouding word meer gedoen aan kragsentrale en pale nie. Stormwinde en reen veroorsaak dat die pale omwaai en vir dae so le. 

Daar is 'n paar dorpe waar dit baie goed lyk- Die Wes Kaap se dorpe lyk nog beter en mens kan sien dat daar iets gebeur en dat die mense in beheer hulle werk doen. Maar die res van die land van uitmekaar. 

Diefstal en aanranding en moord is deel van elke boer en plattelandse inwoner se daaglikse bestaan. Biljoene rande se verliese word jaarliks aangemeld deur. Diere word vermink en alles wat rondstaan word gesteel. Ons boere word aangeval en vermoor-  Dit was nie so groot deel van Suid Afrika en sy inwoners 30 jaar en meer terug nie- ten minste is die diewe moordenaars vinnig aangekeer deur 'n ware polisiemag.

Jy kon 40 jaar terug jou melk kane vol melk langs die pad aflaai vir die plaaslike korporasie se vragmotors om dit op te laai en na die melkfabriek te neem, sonder dat enige iemand dit steel. Die einde van die maand was jou tjek in een van die melkkane geplaas- weer langs die pad. - Dit was die integriteit en kwaliteit van daardie mense- respek vir mekaar en vir wat joune is.  Wat het verkeerd geloop ?

Menslikheid en vriendelikheid is deel van die mense se daaglikse lewe.

Ons moet ons platteland beskerm vir 'n nageslag wat moet weet hoeveel sweet en onder andere pannekoek geld daarin gegaan het om hierdie dorpies te kon bou.

Ons werklike Suid Afrikaners is bouers en welvaart skeppers, maar dit wil voorkom of dit al te laat is om ons pragtige dorpies te red na die ANC regering dit oor 'n tydperk van 30 jaar verwoes het.

Wat ons sien van Suid Afrika in die jaar 2024- is die gevolg van 'n onbevoegde regering wat vir 30 jaar Suid Afrika deur onkunde en gulsigheid besteel en vernietig het deur korrupsie. Die waarheid is baie tragies- want ons en ons voorouers wat die bouers was van die land, het dit toegelaat en geglo dat die ANC regering dalk kon regeer. Ons platteland wat gebou was deur die inwoners is totaal en al vervalle.

Ons het baie opkomende boere in die platteland wat werklik wil boer en suksesvol kos produseer. Hierdie boere se infrastrukture bestaan nie-. Meeste van die boere kom uit geslagte waar daar suksesvol op groot en kleinskaal geboer is. Die regering stel nie belang om eienaarskap aan die boere te gee nie. 

Die 2024 Verkiesing in Suid Afrika is uiters belangrik-  Ons moet 'n nuwe regering kry in 2024-   Ons het net een kans en dis die jaar.  Belastingbetalers verdien nie net ’n beter en etiese regering nie, maar ook ’n stelsel wat hul finansiële bydraes op ’n verantwoordelike wyse bestuur word. Volhoubare ontwikkeling van gemeenskappe, eerder as toelaes, is die sleutel tot die uitwissing van magsmisbruik in Suid-Afrika.

En ons moet vir eens en vir altyd besef en aanvaar dat die regering en sy meelopers nie die vermoee het en nie toegerus is om enige iets suksesvol te bou en onderhou nie.  Hulle wil dit nie erken nie en sal dit ook nooit erken nie- daarvoor is daar te veel goed wat hulle gereeld gebruik om te blameer.

Ons het lank genoeg die regering en sy meelopers met handskoene en eerbied behandel- en gekyk hoe hulle die land verwoes... dit tyd om op te staan en voor te loop. 

Dis uiters noodsaaklik dat jy wat 'n bouer was van Suid Afrika - wat deel was van welvaart skepping en nie vernietiging nie - dit baie duidelik aan jou kinders en kleinkinders verduidelik dat die land nie so gelyk het nie- Alle bevolkingsgroepe het saamgewerk om die land te bou en ons kan weer saamwerk om die land op te bou. 

Maar waar daar lewe is, is daar hoop.  En ware Suid Afrikaners - inwoners van ons geboorteland het nog altyd opgestaan en gebou- hier is baie meer mense wat wil bou as vernietig. Ons het baie kundige mense wat suksesvol sekere gebiede opgebou het- en nog steeds bou.

Dis nou tyd- vir koppe bymekaar sit- en planne uitwerk en daadwerklik skouer aan die wiel sit -

Die toekoms is in ons hande.

(Daar is so baie stories oor die platteland en sy mense-  Elkeen het sy deel van die platteland - As jy so storie het kan jy dit met ons deel.)

Johann Pretorius CRA GROUP ©

Verlede Vadersdag ontvang ek die boodskap van my seun- Dit is wat ons elke dag bou en onthou

"Vanoggend onthou ek weer ek en pa se “trips” dorp toe...Saam met pa voor in die bakkie met die vensters oop. Radio Oranje se musiek in die agtergrond...Manie Kitchen. Eerste stop by die poskantoor, die bank, Van Aswegens garage vir n geselsie met Oom Botha en n botteltjie coke van die yskas tussen die petrol pompe, en laastens Sentraal-wes vir meel en beeslek en n kykie na al die nuwe gewere... Die herrinneringe is baie! Dit was van die lekkerste tye saam Pa. Dankie dat Pa my saam gevat het. Ek sal dit altyd onthou!"

Kom ons ondersteun Chris Burgess van Landbouweekblad- en Senwes in hierdie groot poging.

LANDBOUWEEKBLAD

Without farmers, there can be no South Africa, but without communities, there can be no farmers either.

The gradual decline of rural South Africa reflects broader social issues in the country. From education to healthcare, roads to water supply, social cohesion to employment—whatever is a problem in South Africa is likely worse in the rural areas of our vast countryside.

This is further exacerbated by poor municipal management and a frightening shortage of skills. Selective law enforcement worsens an already dire situation.

How do we ensure that rural communities not only survive but also thrive?

“As a publication that has been serving rural South Africa for over a century, Landbouweekblad not only has a responsibility to help revive rural South Africa but also knows the people who are already making a difference by building better, richer, and more inclusive rural communities,” says Chris Burgess, editor-in-chief of Landbouweekblad.

“South Africa’s decline can simply no longer be tolerated or afforded. That’s why on 20 and 21 February 2024, we are hosting the conference with the theme ‘Solutions for South Africa’s Platteland’ at Nampo Park, Bothaville.”

Ons AGRI NEWS NET span het baie data versamel deur die jare, baie mense besoek en is altyd vriendelik ontvang-

Ons span beweeg stil en is nie deel van die vermaaklikheids wereld nie- Ons "post" nie ons bewegings op sosiale media nie en ons ry in ons eie voertuie met ons eie fondse sonder enige borge. Doodgewone mense wat daagliks inligting inwin wat ons vorentoe self sal gebruik.