Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. Nuusoorsig 11 Mei 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Nuusoorsig 

Ons paaie is in haaglike toestand - en die edelagbare minister van vervoer reken ons moet meer elektriese motors aanskaf en hy sal die paaie herstel en ook sorg dat daar baie vinnige treine in die toekoms gebou word om ons vinnig en veilig te vervoer. In 28 jaar is daar nog nie veel gedoen nie en sien ons daagliks hoe paaie en na die ander gesluit word. Met die huidige kragprobleem gaan elektriese motors dalk nog nie die oplossing wees nie. 

Volgens die jongste studie deur ‘n aanlyn bestuurders-onderrigmaatskappy, Zutobi, is Suid-Afrika die gevaarlikste land om in te bestuur. Die studie gee elke land ‘n telling uit tien, gebaseer op vyf faktore: die geskatte padsterftesyfer, maksimum spoedbeperking, koers van mense wat hulle veiligheidsgordel dra, padsterftesyfer wat aan alkohol toegeskryf word en die beperking op alkoholvlakke in bestuurders se bloed. Daar is geen data oor Namibië in die peiling ingesamel nie, maar Namibië het die hoogste padsterftesyfer per kapita in die wêreld met die jongste syfers van 45 sterftes per 100 000 inwoners wat in 2014 bekend gemaak is. Noorweë is die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as veiligste land om in te bestuur, gevolg deur Ysland en Estland. 

Familieboere is die kwesbaarste sektor in die landboubedryf en baie maak waarskynlik planne om hulle plase te verkoop en elders ʼn heenkome te soek, sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai. Buiten die gevolge wat ʼn grootskaalse verlies van jong boere op die landbousektor sal hê, meen De Jager dat Cloete se bevindings ook verdoemende implikasies vir plaasdorpe inhou. “Klein dorpies in Suid-Afrika is op drie pilare gevestig: ʼn kerk, ʼn laerskool en ʼn koöperasie. Oral in Suid-Afrika is klein dorpies besig om dood te loop omdat een van dié drie pilare begin verkrummel en dit is juis boere tussen 30 en 45 jaar wat nog jonk genoeg is om kinders in ʼn laerskool te hê wat plattelandse dorpe aan die gang hou,” sê hy.  Volgens De Jager is dit egter nie te laat om dié verdoemende toekomsprentjie te verander nie, en moet daar nou gesprekke met beleidmakers gevoer word en verdere verset en druk toegepas word. “Saai is altyd oop vir ʼn gesprek met beleidmakers, maar dit het oor die afgelope 20 jaar bloedweinig resultate opgelewer. Daarom is Saai aktief besig om die druk te verskerp deur eie strukture te skep en hofsake teen staatsinstellings te voer,” sê hy. Saai is weekliks in gesprek met ambassades en multilaterale instellings soos die Verenigde Nasies (VN), die Afrika-unie (AU) en die Europese Unie (EU) om die “korrupsie, nepotisme en wanadministrasie in die Suid-Afrikaanse grondhervormingsisteme aan die kaak te stel en so druk op die regering uit te oefen. “Goeie vordering is ook reeds gemaak met alternatiewe finansieringsbronne aangesien die Landbank waarskynlik nie vinnig weer op sy voete sal staan nie.” De Jager meen die winsgewendheid van boerdery kan baie verbeter word deur geadministreerde koste soos die addisionele belasting op diesel, tolhekke, minimumlone, en die koste van lisensies, permitte, water en elektrisiteit te verlaag. Korrupsie is ook ʼn vorm van administratiewe koste, volgens De Jager.

Die Nampo gees het behoorlik die landbou maatskappye aan die werk-  Die mense geniet gewoonlik die uitstappie uit die stad, en daar word hard gewerk om die geleentheid 'n sukses te maak.  Nampo was vir twee jaat uit aksie en ons hoop dat dit die jaar alle verwagtinge sal oortref. 

Ons begin eerdaags weer met ons gewilde Junior Agri Skrywers Kompetiesie - hou gerus ons mediums dop vir die korrekte datums en meet inligting.

Wat die somerreënstreek betref, dui langtermynvoorspellings steeds op verdere reën tot in Junie, maar korttermynvoorspellings is ongunstig. Na verwagting gaan matige temperature met meer tipiese herfstoestande gedurende Mei voorkom. Swaar ryp kan later as normaal oor die binneland voorkom, met die eerste strawwe ryp wat na verwagting eers teen begin Junie kan begin voorkom wanneer minimum temperature gereeld onder vriespunt kan daal. “Dit lyk asof Junie en Julie voortdurend koud gaan wees met gereelde ryptoestande en baie lae temperature. Van die laaste week van Junie tot eerste deel van Julie kan baie koue toestande ook oor die noordelike dele van Suid-Afrika voorkom.”

Johan Van den Berg verduidelik dat die min hitte-energie wat in die somer die aarde se oppervlak kon binnedring, ’n bydraende faktor tot ’n koue winter kan wees. “Die somermaande van Desember tot Maart was oor die algemeen koeler as normaal as gevolg van die baie bewolkte toestande en die afkoelingseffek van die reën. Die baie plantmateriaal op die oppervlak veroorsaak ook dat hitte-uitstraling snags beperk is, teenoor kaal oppervlaktes wat meer energie kan terugstraal in die atmosfeer.”

Die La Niña-verskynsel en aanduiders soos die Suidelike Ossilasie Indeks (SOI) bly op matige tot redelike sterk vlakke, maar die verwagting is dat dit later in die winter en lente gaan verswak. “Voorspellings is egter steeds gunstig dat La Niña-toestande gaan voortduur tot ten minste die mid- tot laatsomer. Tans toon die voorspellings dat die kans op La Niña-toestande steeds bo 50% is. Dus is die kans meer as dubbel die normale waarskynlikheid dat La Niña-toestande volgende somer sal heers.”

Volgens Van den Berg is daar weermodelle wat aandui dat die draaipunt van die huidige La Niña-verskynsel vanaf Desember 2022 gaan begin voorkom. Die Indiese Oseaan toon tans aanduidings dat dit vir komende maande in die negatiewe fase van die Indiese Oseaan Dipool (IOD)-indeks gaan beweeg, wat gunstig vir somerreënval is. “Hoewel die La Niña-stelsel dalk later in die somer kan verswak, kan dit tesame met die IOD se negatiewe fase steeds bogemiddelde reënval veroorsaak tot in die tweede deel van die somer van 2022-’23.” “Die kans op die verdere voorkoms van La Niña-toestande ná 2023 is baie klein. Dit lyk asof die draaipunt van die huidige nat siklus vanaf die 2023-’24-seisoen kan begin voorkom vir die somerreëngebied,” sê Van den Berg. “Daar is baie onsekerheid oor die winterreëngebied, en droër toestande kan reeds in die winter van 2023 begin voorkom as deel van die volgende droër siklus.”

Afrikaanse landbou nuus op www.agrinewsnet.co.za

Australië sal ‘n bykomende 35 miljoen Amerikaanse dollar in die volgende vier jaar bestee om koala-habitat te beskerm en die agteruitgang van dié kwesbare spesies te vertraag. Die buideldiere is inheems aan Australië en is deur bosbrande, siektes en voertuie uitgeroei, met ramings van hul getalle wat wissel van ongeveer 330 000 tot ongeveer 100 000 in die natuur.

Alhoewel die reën in sommige dele van die land laat gekom het, gaan die oesseisoen in die noorde van Namibië binnekort begin. Boere in die Omusati-streek het verskeie uitdagings tydens die beginfase van produksie gehad. Een van die uitdagings was die kommandowurms en daarna die krieke. Omusati-goewerneur Erginus Endjala.

Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het gevra vir 'n verbod op die uitvoer van skrootmetaal, aangesien die diefstal en vandalisme van kritieke spoorinfrastruktuur die land se ekonomie saboteer. “Ons is onomwonde in ons oproep om die uitvoer van skrootmetaal te verbied en sal enige maatreël ondersteun wat ons nader aan hierdie werklikheid sal bring,” het die Minister Maandag gesê.

Dis winter en mense koop weer biltong. Biltongpryse wissel van R250 per kilogram tot R380 per kilogram- maar die smaak is in baie gevalle nie R350 per kilogram werd nie. Droee wildwors is ook smaaklik, maar maak eers seker wat alles in jou wors is- daar is sekere slaghuise wat baie gemaklik Zebra vleis aankoop by die groot wild jagters van die stad.

Namport sê oorgrensvolumes het met tien persent toegeneem van 1,46 miljoen bruto tonnemaat in die 2020-2021 boekjaar tot 1,61 miljoen bruto tonnemaat in 2021-2022. Suid-Afrika het 48 persent van die markaandeel met Zambië op 23 persent, die DRK op 15 persent. Botswana en Zimbabwe is albei op 6 persent

In ‘n nuwe studie deur die Duitse Federale Instituut vir Risiko-bepaling is die beengesondheid van 36 mense wat ‘n veganistiese dieet volg sowel as 36 mense wat ‘n gemengde dieet volg by wyse van ‘n ultraklank-meting van die hakskeen bepaal. Dit het onthul dat mense wat ‘n veganistiese dieet volg, gemiddeld laer ultraklank-metings behaal het in vergelyking met die ander groep.

Die gety teen Swart Ekonomiese Bemagtiging is besig om te draai. Toe die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE) bykans 20 jaar gelede opgestel is, was dit minder as 10 jaar na die 1994-verkiesing. Kritici van BEE het die ernstige risiko geloop om as kritici van swart vooruitgang geskilder te word.

Die Nampo-oesdag vind vanjaar vanaf vir die eerste keer oor vyf dae 16 tot 20 Mei 2022 op Bothaville plaas. Die Nampo-oesdag is ‘n jaarlike landbou-uitstalling wat een van die grootstes in die Suidelike Halfrond onder private eienaarskap is. Boere kom van heinde en verre op Bothaville byeen om die uitstallings en gesprekke by te woon.

Die Departement van Water en Sanitasie het ‘n beroep op inwoners in die Wes-Kaap gedoen om water spaarsaam te gebruik, na ‘n daling in damvlakke. ‘n Woordvoerder, Sputnik Ratau sê daar is ‘n afname van meer as twee persent in die provinsie se waterverskaffingstelsel, wat uit ses damme bestaan.

Die geweldige plaag van massiewe swerms sprinkane wat vanjaar in groot dele van veral die Noord-Kaap en dele van die Oos-Kaap geteister het, het die noodsaaklikheid van verdere studie beklemtoon.

Namibiese damme is volgens NamWater se weeklikse dambulletin gesamentlik 83 persent vol, teenoor verlede se 86,5 persent die ooreenstemmende tydperk. Die Suide-damme is propvol met die Nautedam op 100 persent en die Neckartaldam op 99,5 persent. Altesaam 1,178 miljoen kubieke meter water is uit die Hardapdam vrygelaat wat nou 69,4 persent vol is.

Beroepsjagorganisasies is besig om regsadvies in te win nadat ’n interdik bekom is teen die uitreik van jagpermitte vir olifante, swartrenosters en luiperds.Vergoedingseise kan kom as die onlangse hofbevel wat jagkwotas van olifante, swartrenosters en luiperds opgeskort het, internasionale jagters nou verhinder om trofeë van olifante wat reeds hierdie seisoen gejag is, na hul onderskeie lande te verskeep.

Dis was 'n paar Afrikaanse berigte wat op AGRI NEWS NET geplaas was die afgelope paar dae. Laai vandag nog die APP af of besoek www.agrinewsnet.co.za-  Ons span werk 7 dae per week-  en met 25 jaar van werklike praktiese boerdery ondervinding wee tons wat landbou en sy mense is. Geen medium geen jou soveel nuus by een adres nie.- 

Ons deel graag weer hierdie uitstekende dokumenter video wat vervwaardig is deur Foodformnanzie- 


Newsletter Subscribe