Beesboerdery in Suid Afrika

User Rating: 1 / 5

Star ActiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Wanneer jy 'n boer in murg en been is, dan is geen boerdery vir jou enigsins te veel om te hanteer nie. Daar is vele vertakkings van boerdery wat suksesvol aangepak kan word en dit kan suksesvol bedryf word.

Die belangrikste is dat jy jou sommetjies baie mooi moet maak en baie goeie data van alles versamel om  altyd te verbeter op jou sukses resep. 

Die kalaharie is van die beste plekke om beeste te boer asook dele van die Oos Vrystaat,Noord Wes en Kwa Zulu Natal.

Vryburg distrik is van die grootse beesboere in Suid Afrika- Hier het jy 10 hektaar nodig om een groot vee eenheid te huisves. Gronde is baie duur en baie keer lyk dit nie of die sommetjies op papier gaan klop nie. Gronde wat reeds betaal is en aangekoop is in die jare 80 en 90 maak beesboerdery baie betaalbaar in die gebiede. Natuurlike weiding is hier volop as dit goed reen en beeste in die natuurlike habitat is geneig om goeie produksie te lewer indien jy met 'n sterk ingeteelde ras boer. Dis belangrik dat veld en weiding op 'n gereelde basis beheer word om die lang wintermaande te oorleef. Die reenval in die gebiede is nie so baie nie, maar die veld herstel baie gou indien dit wel reen. 

In ander gebiede is daar nie so baie natuurlike weiding nie en moet weiding jaarliks aangeplant word of bemes word. 

Beesboerdery is baie intensief en jy werk met diere wat ten all tye gesond moet wees en die regte voeding moet kry in hulle natuurlike habitat.  Suksesvolle droëseisoen-lekaanvullings berus dus nie net by die keuse van die regte produk met die korrekte samestelling om kritiese tekorte ekonomies en strategies aan te vul nie. Dit berus ook by 'n duidelike begrip van die seisoen waarin ons is en - selfs nog belangriker - 'n duidelike begrip van die seisoen waarbinne die diér is en die produksieverwagting op daardie spesifieke tydstip. Dit is gevolglik baie belangrik om 'n lekstrategie te volg wat in sinchronisasie is met die seisoen, die produksiestatus van die diere en die werklike bydrae van die natuurlike hulpbron. 

Skoon water en skoon krippe is uiters belangrik. Jou beeste moet gereeld geinspekteur word, maar dis ook belangrik dat beeste rustig gelaat word tydens kalfseisoen en wanneer bulle tussen hulle loop vir die volgende dekseisoen. 

’n Gemiddelde koei word so twaalf jaar oud, en sy kalf vir die eerste keer op drie jaar, so jou produksiepotensiaal is tien kalwers. As sy een keer oorslaan, en jy hou haar steeds aan, staan jy 10% van jou omset af van die koei se twaalf jaar op jou plaas.  Daar is geen boer wat dit kan bekostig nie en daarom moet jy sorg dat jy goeie aanteel materiaal het. 

Waar kunsmatige insiminasie toegepas word is daar beter beheer oor koeie en hulle dragtigheid en in baie gevalle ander bestuursopsies.

Dis belangrik om aanteel koeie wat aangepas in jou omgewing aan te koop, met ander woorde die een wat van jou plaas en van jou hou.

Die bulle wat jy aankoop moet beweegbaar wees, sterk bene en die ander eienskappe wat jy in jou kudde verlang. Bulle moenie te swaar wees nie,  anders is hulle nie lekker beweeglik nie, want hulle moet beeste dek en nog self hulle kos soek ,wanneer hierdie bulle vrylik tussen jou kudde rondloop vir aanteel doeleindes. 

Jy moet na jou dekseisoen dragtigheidstoetse doen en geen dier ’n tweede kans te gee nie.  Kalfdatums maak 'n baie groot verskil in enige beesboerdery. 

Kalfdatum is naas dragtigheid die belangrikste seleksie-oorweging wat ons vir ons kommersiële rasse gebruik word. Dit kan ’n reuse verandering in die kudde teweeggebring.  Kruipvoeding is nog een van die mees betalende maniere om jou kalwers baie gou op 'n hoe gewig te speen.

Die gewig op 100 dae is vir jou ’n aanduiding van die koei se melkproduksie en sy groei daarna is die gevolg van sy eie vreetvermoë en voeromset op die veld. Dis belangrik dat jou kalf goei kos kry voor jy die kalf speen. 

Op die Hoëveld groei 80% van die oulandsgras in November, Desember, Januarie en Februarie. Daarom is jou optimale kalfdatum dus in Julie.

’n kalf wat in Julie gebore is word dan in Maart gespeen. Die ma vreet vanaf begin Maart groen veld tot die winter kom, sy herstel en gaan die winter vet in teenoor die koei wie se kalf jy einde Mei speen. Sy is ’n afgesuipte koei en herstel nie maklik nie en gaan ook sukkel om bul te vat, want sy is te maer.

Die ander voordeel is as jy Maart speen, kry jy ’n beter kalfprys want speenkalwers is dan nog skaars. As ' n koei vir twaalf jaar elke jaar 'n kalf gegee het,is sy van die beste. Die koei sal altyd weer 'n kans kry omdat sy presteer het.

Die wereld en sy slim mense wil diereprotiene verminder en meer konsentreer op plantprotiene.  Minder water en grond gebruik word om een kilogram plantprotiene te vervaardig teenoor diere protiene.

Ongelukkig is daar 'n sekere klomp mense op aarde wat nie kan gesond leef sonder diere protiene nie. In die VSA is daar reeds begin met die maak van sintetiese vleis, wat sekerlik 'n riller is om te eet. Daar sal altyd plek wees vir diereprotiene in die vorm van rooivleis. 

Daar is baie ander inligting as dit kom by beesboerdery wat nie hier genoem is nie en baie artikels is al geskryf, maar beesboere is die mense met die regte kennis. 

 Johanel ANN


Newsletter Subscribe