Dagga- of Cannabis Olie- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Net een dagga sigaret kan genoeg wees om verskeie erg negatiewe uitwerkings op die roker te hê. Behalwe dat hy hartkloppings en ‘n verlies aan spierkoördinasie kan ondervind, kan sy oë bloedbelope en sy gevoel van tyd en ruimte versteur word. 

In sy verwarde denke kan hy miskien nie eers onlangse gebeure onthou nie. Sy vermoë om motor te bestuur of masjinerie te hanteer, is aangetas. Boonop kan hy hallusineer en rare en skrikwekkende dinge in sy gedagtewêreld optower, waarop hy vreesagtig of paniekbevange reageer. Daggarook kan selfs tot ernstige geestesversteurings lei.

En nou in 'n nuwe Suid Afrika is DAGGA "sharp, cool' en dis in !!!! So wie was so slim om hierdie eeue oue gebruik as gesond te verklaar. ???

Daar is baie min mense wat dagga rook en by hulle volle bewussyn nie en verantwoordelik is  vir hulle dade nie- inteendeel die persoon het geen produksie vermoee- maw hy/sy kan nooit produktief wees nie veral nie as hulle onder bloedbelope oe moet deurloer nie.

Dagga as plant wat nie verwerk is nie,  kan die gesonde deel van die plant wees- as jy dit net so gebruik- maar in die vorm wat almal wat leef dit nou wil verwerk is dit die einde van die mensdom. Lees gerus meer oor die daggaplant in sy onverwerkte vorm. In Suid Afrika is daar alreeds Cannabis Beer gebrou- Coke wil dit by drankies begin voeg.-  Daar is letterlik honderde mense in uitvoerende poste wat van tyd tot tyd dagga gebruik om hulle realiteit te ontneem en op 'n lekker "high" te gaan.  

Dagga koekies en allerhande geregte word in rykmans huise voorgesit wanneer drank nie meer die ding kan doen nie. Dagga rook is 'n "kick" en dis meeste mense wat verveeld is met hulleself of nie die realiteit wil sien nie.  Met die petrolprys wat so hoog is, gaan mense baie meer by die huis bly- en met dagga wat nou wettig is kan jy nog steeds op 'n"trip" gaan. 

Almal reageer weliswaar nie dieselfde op die gebruik van dagga nie, net soos mense se reaksies verskil wanneer hulle alkohol gebruik. Dagga se uitwerking is egter hewiger wanneer dit saam met alkohol gebruik word. Dieselfde geld wanneer dagga saam met verpoeierde pille gebruik word soos Mandrax, wat ook ‘n verbode dwelm is.

Waar dagga gereeld gebruik word lei dit tot baie sosio-ekonomiese en gesondhiedsprobleme, soos ook met die gebruik van ander dwelmmiddels die geval is. Onverskilligheid, lusteloosheid, swak motivering en min belangstelling in die dag van môre – selfs geneigdheid om kriminele dade te pleeg – dui op afgestompte en verwronge geesteslewe van “ou” daggarokers. Afhankkheid van dagga kan al hul gedagtes en handelinge oorheers.


Fisiek kan daar longskade wees. Dagga sigarette het tot 50 persent meer teer as gewone sigarette. ‘n Ander gesondheidsnadeel is verlaagde weerstand teen infeksies. Dit kan ook vrugbaarheid beïinvloed, wat selfs tot in die derde geslag ‘n invloed kan hê. By swanger vrouens kan dit tot beskadiging van die fetus, doodgebore babas en gestremde kinders lei.

Dis 'n brief van 'n Ouer- Suid Afrika -
Ek het ‘n pragtige seun gehad voor hy dagga leer ken het. Behulpsaam, fluks, vriendelik, altyd ‘n grappie, liefde vir mens en dier, kortom ‘n sonskynkind!
Maar ek moes kyk hoe hy verander in ‘n kind wat nie meer omgegee het nie. Skoolwerk het met ‘n spoed agteruitgegaan, sy vriendekring het verander, hy het vreeslik gemoedskommelinge begin ondergaan, aggressief geraak tot so ‘n mate wat hy nie omgegee het wat hy gesê of gedoen het nie. Hy het gejok, bedrieg of gesteel. Sy slaap en eetpatrone het verander, sy oë was meesste van die tyd rooi, hy het geheimsinnig geraak. Ek het aande wakker gelê en wag dat my kind, van wie weet waar huis toe kom. Hy het sy diefwering van sy kamer afgesaag sodat hy kon kom en gaan soos hy wou. Geen respek of agting vir gesag of dissipline gehad en het uitdagend geraak.


Klink dit vir jou na die simptome van heroïen, kokaïen of enige ander sogenaamde harde dwelm verslawing? Ja! Al die simptome daarvan , maar dit is dagga.


Almal probeer dagga afmaak as ‘n “sagte dwelm” met geen / niks newe effekte nie, maar laat ek jou vandag vertel, liewe ouer, dagga se simptome vat dalk langer om hulle verskyning te maak, maar die dag as hulle manifesteer, is hulle daar om hulle verwoestingswerk te begin en deur te voer. En die dag wanneer daardie simptome hulle koppe uitsteek is dit amper te laat en is jou kind reeds so vasgevang in die kloue van hierdie sogenaamde onskuldige dwelm, dat slegs erge ingryping jou kind daarvan kan verlos.


Ander gevolge van dagga gebruik sluit in:
Die kinders se groeiproses raak geïnhibeer
Kort termyn geheue probleme
Slaaploosheid
Sterilteit
Emfiseem en ander longprobleme
Emosionele en spirituele probleme
Algemene afname in gesondheid
Angstigheid wat lei tot paranoia
Dagga gebruikers raak apaties en dit kan duidelik in hulle skoolwerk gesien word.
Dagga is gewoontevormend en veroorsaak ook die effek waar die gebruiker mettertyd groter “dosisse” moet gebruik om dieselfde “high” te kry. Dit is ook die groot rede waarom dagga gebruikers aanbeweeg na die “gevaarliker” dwelmiddels,
Tekens om na uit te kyk
Bloedbelope, rooi oë of slaperige oë
Onnatuurlike dors of honger
Onbeheerbare buie of gemoedskommelinge
Babbel baie of onbeheerde gegiggel
Slegte besluitneming
Vlekke op hande
Fisiese tekens
Dagga pitte / sade wat rondlê
Dagga stof in sakke van klere
Gebreekte bottels of bottelnekke. Kyk ook maar uit vir 2 liter bottels met ‘n gat in
Stukkies pyp
Rizzla masjien en papiertjies met of sonder rasta kleure, van rooi, groen en geel
Geheimsinnige oproepe
Snaakse reuk in die huis en wierook wat gebrand word
Oogdruppels en Lip Ice wat gebruik word
Leë banksakkies
Lighters en vuurhoutjie boksies wat rondlê
Onhigiëniese leefstyl

Moet onder geen omstandighede dink dat jou kind te cute/ oulik/ intelligent/ begaaf is om in die kloue van dagga te beland nie. Dit vat net een verkeerde vriend en jou kind neem sy eerste tree op hierdie pad.


Moet ook nie dink dit is moeilik om dagga te bekom nie. Dit is so maklik vir ‘n kind om brood en melk te koop as wat dit vir ons is om brood en melk te koop.
Dagga is ook nie duur nie! ‘n Kind kan maklik met sy gewone sakgeld daarmee begin, maar soos hy die paadjie loop raak dit al hoe duurder omdat hy meer en meer daarvan nodig het.


Moenie dink omdat dagga ‘n sogenaamde “sagte” dwelm is, dat jy jou kind maklik daarvan gaan verlos nie. Die teenoorgestelde is waar! Dit is net so moeilik om van dagga af te kom as om van enige ander dwelm af te kom. Sagte woorde gaan nie help nie. Dit gaan nie help om jou kind met handskoentjies te hanteer nie. Dit het ek op die harde manier geleer.


Daadwerklke ingryping is die enigste antwoord. Hier kom die ou spreekwoord van “ You have to be cruel to be kind” goed te pas. Jy sal moet besluit neem, ingryp en daarby staan al breek jou hart.


Dagga is nie grappies nie, Dagga is nie speletjies nie. Dagga is ‘n harde werklikheid! Dagga ondermyn gesinne en wedersydse respek. Dagga breek af en verwoes.
Dagga en sy gevolge moet ooit onderskat word nie! “

En nou kom die mediese wereld en maak daarop aanspraak dat Dagga of liewer die mooi woord  "cannabis oil" - kanker kan genees- inteendeel jy kry nou ook 'n setpil wat jy in jou fondasie druk om jou te genees van onder af. 

Hoe vernietig jy jou liggaam met hierdie eeue oue gewoonte- Bestraling het duisende kankerlyers se hele liggaam verwoes en nou kom een of ander slim Doktor met "dagga' na vore. 

Hierdie gewoonte gaan Suid Afrika en sy mense nog verder verarm en mense se liggame gaan almal totniet gaan. Word wakker en staan teen Dagga in sy huidige vorm- Ons land en sy mense gaan verder verval. 

En die sogenaamde telers en vervaardigers sien net geld- net soos die mediese wereld ons mense vernietig met "drugs" 

Geskryf uit thebmisolution.com deur Quanlim.com geplaas. 

Bo aan die bladsy is nog verwysings om na te lees.

Wat maak Cannabis nou anders- dit help blykbaar vir pyn- en dit genees glo 'n hele klomp ander siektes.

Maar totdat die newe effekte nie sy verskyning gemaak het nie, sal ons nie weet nie, maar solank ek gesond is gaan ek dit nie sommer gebruik nie- want Dagga het 'n manier om jou verslaaf te maak- en wat gaan cannabis doen...en wat gebeur as die olie nou nie so suiwer is as wat jy gedink het nie- 

Suid Afrikaners gaan hulle vingers verbrand en hulle gesondheid blootstel aan iets wat ons nog nie die newe effekte gesien het nie. As daar regtig niks anders is meer vir jou wat jou kan help nie.. en dit gaan oor lewe en dood- dan is dit dalk 'n uitweg. 

Gebruik Cannabis olie net as daar regtig niks meer is wat jou aan die lewe kan hou en gesond kan maak nie.  Ons sal eers later sien wat die newe- effekte is. Intussen klim al leef op die biljoene rande se trein - maar wees verseker dat hulle baie gaan afklim as die newe- effekte eers begin wys. Ons almal hoop dat dit tog kan werk- en mense gesond maak- maar tot nou toe- weet ons nie veel nie.

Besoek gerus www.quanlim.com en kry jou liggaam gesond op die regte manier. 

Johann Pretorius